Deur THEUNS BOTHA
11 Augustus 2012

552 keer gelees | 0 kommentaar

Bewerings dat die MPO se syfers oor melkproduksie onbetroubaar is, verswak dié organisasie se bedingingsvermoë.


Boere wat in die media beweer dat die Melkprodusente-organisasie (MPO) se statistiek oor die produksievlakke in die land nie betroubaar is nie, verswak hul bedingingsvermoë by die onderhandelingstafel, het mnr. Bertus de Jongh, besturende direkteur van die MPO, op die Oos-Kaapse MPO se jaarvergadering gesê.

De Jongh het uit ’n onlangse Landbouweekblad aangehaal.

Daarin het ’n bekende melkboer in die Oos-Kaap gesê boere is verward omdat niemand in die land juiste syfers kan verskaf oor die werklike produksievlakke van melk in die land nie.

“Stellings soos dié, asook ’n berig in dieselfde uitgawe dat die MPO slegs ’n klein persentasie van die land se melkboere verteenwoordig, kom neer op verdagmakery en bemoeilik onderhandeling.”

Dinamiek in die mark verander
Hy het verduidelik dat toe ’n sekere melkkoper onlangs sy melkprys aan boere verminder het, dit die dinamiek in die mark dadelik verander het. “Terwyl daar verwerkers was, wat in daardie stadium nog melk gesoek het, was daar skielik 150 boere wat op soek na nuwe kopers was. Ander verwerkers het die geleentheid aangegryp om ook hul prys aan boere te verlaag. Daar is aangevoer dat die syfers van Sampro (die SA Melkprosesseerdersorganisasie) op oorskotte dui.”

De Jongh sê ’n dag ná die betrokke koper (wat sy prys eerste verlaag het) ’n brief in dié verband uitgestuur het, kon die MPO binne ure 60 000 liter van die melk elders plaas. “Ons het aangebied om die betrokke verwerker se oorskotte te skuif. Onnodig om te sê, hy het nie die aanbod aanvaar nie. Die werklikheid is dus dat daar nié oorskotte is nie.”

Hy benadruk dat die MPO die amptelike verwerker van die bedryf se inligting is. “Die syfers wat ons kry, behoort binne een persentasiepunt korrek te wees. Altesame 90% van melkboere is ingeskrewe lede van die MPO. Ons weet presies watter suiwelprodukte ingevoer word – ook wanneer en van waar. Ons gegewens is op datum. Vanoggend het ek gehoor Sampro se beskikbare syfers strek tot einde April. Miskien is die tydsverloop vandat inligting ingesamel is tot dit bekend gemaak word, een van die redes vir die verwarring.”

Hy sê hoewel die MPO by sy syfers oor die produksievlakke in die land hou, kan die feit dat die binnelandse prys vir suiwelprodukte en die invoerpariteit tans gelykspeel, tot verdere invoer lei.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights