Deur ISABEL STOLTZ
11 Augustus 2012

728 keer gelees | 0 kommentaar

Die pad vorentoe vir volstruisboere is nuwe bemarkingstrategieë en 'n moontlike skuif, noordwaarts.


Die volstruisbedryf is nie in sak en as oor die terugslae wat voëlgriep hom toedien nie.

“Ons maak werk van alternatiewe strategieë, soos moontlike immunisering waaroor ’n taakspan nou navorsing doen en die verskerping van biosekuriteit deur registrasie van uitvoerplase om die virus hok te slaan. Uitslag is nie die oplossing nie. Ons kry nie die siekte daarmee gekeer nie,” sê mnr. Piet Kleyn, waarnemende uitvoerende hoof van die SA Volstruisbesigheidskamer (SAVBK).

Die bedryf het miljoene rande skade gely en meer as 50 000 volstruise is geslag sedert die uitbreking van voëlgriep meer as ’n jaar gelede. Die Regering het al meer as R60 miljoen aan die slag van diere en vergoeding aan boere bestee.

Uitkoms vir boere
Die uitvoer van vleis wat hittebehandel is, bied uitkoms vir boere. ’n Verwerker is reeds besig om sy hanteringsvermoë daarvoor te vergroot. Kleyn sê die bedryf sal hom in die toekoms al hoe meer op die bemarking van dié soort uitvoer moet toespits omdat die risiko’s vir vars vleis te groot is.

Daadwerklike bemarkingspogings gaan ook aangewend word om die binnelandse verbruik van volstruisvleis te verhoog en die uitvoer van leer en vere uit te brei, sê hy.

Die bedryf ondersoek saam met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye die moontlikheid van kompartementele uitvoer of die sonering van “skoon” gebiede waar die uitvoer vanaf geregistreerde plase toegelaat sal word.

Ander belanghebbendes in die bedryf meen dit is moontlik dat volstruisboerdery na die noorde kan skuif weens die “endemiese voorkoms van die siekte in die Wes-Kaap”.

’n Groot volstruisslagplaas word reeds by Kuruman beoog. Volgens voorspellings kan die bedryf in die Wes- en Oos-Kaap met tot 50% krimp.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights