Deur ALANI JANEKE
25 Julie 2012

444 keer gelees | 2 kommentaar

Die afhandeling van grondhervorming is steeds nie in sig nie en so ook nie die terugkeer na ’n nuwe "normale situasie" nie, aldus Agri SA.


Die georganiseerde landbou “het die verrassing van hul lewe gekry” tydens ’n onlangse vergadering met die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming.

Dr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri SA, sê die resolusies oor die groenskrif vir grondhervorming het aansienlik verskil van dít waaroor ’n werkgroep oor grondhervorming die afgelope paar maande onderhandel het.
 
Hy sê mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, het aangedui dat die resolusies wat ter tafel gelê is, saamgestel is tydens ’n dinkskrum waaraan akademici van elders in Afrika onder andere deelgeneem het.
 
De Jager was ’n spreker tydens ’n konferensie oor die land se beleidsrigting wat deur die FW de Klerk-stigting in Johannesburg aangebied is.
 
Reg van eerste weiering
Een van die voorstelle wat deelnemers onkant gevang het, was ’n voorstel van die reg van eerste weiering. Die voorstel is glo gemaak op grond van die skrapping van die beginsel van vrywillige koper en vrywillige verkoper.
 
Die kwessie is met Nkwinti opgeneem. Volgens hom is so ’n voorstel nie op die tafel nie, want “dink julle regtig die departement het die kapasiteit om ’n reg van eerste weiering te implementeer?”

De Jager sê volgens Nkwinti word daar wel gekyk na die strenger implementering van die bestaande onteieningsbepalings in die Grondwet.
 
“Soos ons dit nou sien, lyk dit asof dit enige plaas te eniger tyd teen enige prys kan wees. Maar ons weet ook dat niemand in die ANC meer detail hieroor het nie,” aldus De Jager. Hy meen dat onteiening van grond in dié stadium dalk beter kan wees vir die bedryf pleks van die voortslepende proses wat baie boere tans verlam.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


mkruger

2012/07/26 10:00:37 AM

Wat het die ANC en Agri SA in gemeen ? Maak nie saak hoeveel hulle aanjaag nie, hulle kom daarmee weg. Volgende vraag is seker: Wat het die ANC en Agri SA lede in gemeen ? Is dit dat altwee ewe "dom" is ? Na amper 20 jaar van poer is die beste antwoord wat Agri SA het: Hy meen dat onteiening van grond in dié stadium dalk beter kan wees vir die bedryf pleks van die voortslepende proses wat baie boere tans verlam. Wie se skuld is dit dat die proses so rigtingloos is ? Nie die ANC en sy vrinne nie. Eerder Agri SA wat gedink get as hulle die proses lank genoeg ignoreer sal dit "weggaan".


jana

2012/07/26 11:24:05 AM

Verassing van hul lewe

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights