|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 09:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Sowat 500 werkers van Early Bird se plaas by sy Olifantsfontein-aanleg staak oor ‘n loongeskil, sê die Food and Allied Workers’ Union (Fawu).
Me Dominique Schwartz, woordvoerder vir die vakbond, sê die werkers eis ‘n 8%-verhoging, terwyl Astral Foods Limited op dié stadium 6,5% aanbied.
Volgens Schwartz is die werkers ook ontevrede oor die groot aantal tydelike personeel wat by die maatskappy werk. “Hulle eis dat van die vakante poste met dié mense gevul word, want van hulle werk al vir meer as 10 jaar op ‘n tydelike basis by die aanleg.”
Derde van werkerskorps
Intussen sê die maatskappy in ‘n verklaring die groep stakers is sowat ‘n derde van die werkerskorps by die aanleg, en die staking “het nie die produksie by die aanleg te erg geraak nie”.
Mnr. Len Hanse, van die maatskappy se menslike hulpbronne-afdeling, sê die staking het reeds op 24 November begin, en hy hoop dat die geskil binne die volgende twee dae bygelê kan word. Hy wou nie inligting oor die werkers se eise of die maatskappy se aanbod bekendmaak nie.
Astral sê hy is vol vetroue dat die geskil opgelos kan word aangesien die gaping tussen die werkers se eise en die maatskappy se aanbod verklein het. Die onderhandelinge duur voort.
3 Desember 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
As produksie nie te erg geraak word wanneer 500 werkers, wat 'n derde van die werksmag verteenwoordig, staak nie is hulle mos nie nodig nie. Hoekom is daar dan 1'500 poste as die werk deur 1'000 mense gedoen kan word?
Ons het bederf geraak met goedkoop arbeid en nou is SA wekgewers in die algemeen in die knyp met 'n onproduktiewe werksmag wat net meer en meer eis vir minder werk.
Ek kan verstaan dat Limpopo boere werkers aanstel wat uit Afrika hieheen stroom. Uit my ondervinding is daardie mense beter opgevoed, beter gemanierd en nederiger as die klomp Suid-Afrikaners. Dan beskik hulle oor iets wat niemand hier verstaan nie: hulle doen enige taak met trots en na die beste van sy vermoë.
kyk na die goeie arbeidspraktyke dok elders op die webblad. julle sal sien dat arbeidsoptrede in die landbou sektor al hoe meer sal word. dit lyk nie agri SA en belanghebbende werkgewers snap waarmee arbeid besig is nie. om ondeurgedente dokument van stapel te laat stuur dompel julle jul self in die gemors - rubicon toespraak verwys.
GELG, GELD, GELD ,GEE, GEE, GEE, MEER ,MEER MEER!!!!
Wanneer gaan iemand oor verhoogde produksie en/of harder werk vir meer geld praat?
Ons semi sosialistiese staat weet nie wat dit beteken nie!!!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)