Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / 90-000-werk-nie-meer-op-plase

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 09:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

90 000 werk nie meer op plase

 
JAN CILLIERS

Altesame 33 000 plaaswerkers op kommersiële plase het hul werk van Maart verlede jaar tot September verlede jaar verloor, volgens die jongste ondersoek deur Statistiek SA (SSA).

In die informele boerderysektor is die verlies aan werksgeleenthede in dié ses maande veel meer, naamlik 58 000. Dit beteken 'n totaal van 91 000 plaaswerkers het in dié tyd hul werk verloor.


Die SSA sê in sy jongste verslag dat daar na raming in Maart verlede jaar sowat 865 000 plaaswerkers op kommersiële plase was. Teen September het dié syfer tot sowat 832 000 gedaal. In Maart was daar 423 000 werkers op informele plase, maar teen September verlede jaar het dit tot net 365 000 gedaal.
Dr. Ros Hirschowitz, adjunk-direkteurgeneraal van die SSA, het tydens die bekendstelling van die syfers gesê dit is statisties onbeduidend.
Die totale werkloosheidsyfer verlede jaar in September was 28,2 % van die totale werksmag, nadat dit ses maande vroeër 31,2 % was. Die SSA beskou dié afname, wat volgens die amptelike definisie van werkloosheid bereken is, as statisties beduidend.
Volgens dié statistieke het die mense wat ekonomies onaktief is, met meer as een miljoen toegeneem. Dit is mense wat moed opgegee het om werk te soek, het dr. Hirschowitz gesê.
Die amptelike definisie van werkloosheid sê dit is mense van 15 tot 65 jaar oud wat in die maande voor die opname gedoen is, na werk gesoek het.
Daar word in die statistieke gepraat van 'n uitgebreide definisie wat daardie werkloses insluit wat nog wil werk, maar nie werk kan kry nie en gevolglik uit pure moedeloosheid opgehou het met werk soek. Volgens dié definisie staan die werkloosheidsyfer op 41,8 %. Ses maande vroeër was dit 42,1 %.
Volgens mnr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder oor arbeid van die Vryheidsfront Plus, weerspieël die amptelike werkloosheidsyfer van die SSA nie die werklikheid nie en word die land mislei oor wat die werklike syfer is. Hy sê mense bly werkloos — al het hulle 'n maand voor die opname werk gesoek of nie.
Hy het verwys na die werksverlies van 91 000 plaaswerkers en gesê dit is 'n bewys dat die instelling van die minimum loon vir plaaswerkers meer werkloosheid veroorsaak. 9 April 2004

0
 
 
  • 2300 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Foto: MARSY OLIVIER
  • Foto: MARI PRINSLOO
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction