Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Abattoirs-onder-druk

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 09:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Abattoirs onder druk

 
JOHAN FOUCHÉ

Die Rooivleisabattoirvereniging (RVAV) het versoek dat 'n standaard vir omgewingsbestuur vir dié bedryf opgestel word.


Mnr. Charles Fourie van die onderneming Ecosat het op die vereniging se jaarlikse konferensie in Somerset-Wes gesê die bedryf kan nie die omgewingsregte wat in die Grondwet verskans is, verander nie. Hy moet ook nie verwag dat die Regering dit vir hom makliker gaan maak nie.


Hy het gesê die beginsel van "die besoedelaar betaal" raak elke abattoireienaar, ongeag van hoe groot of klein sy abattoir is. Die eienaar bly aanspreeklik, al maak hy van 'n subkontrakteur gebruik.


Fourie meen abattoireienaars moet bewus wees van die presiese impak wat hul abattoirafval op die omgewing het en maatreëls in plek hê om dit so goed moontlik te bestuur. Daarom is 'n omgewingsbestuursprogram 'n noodsaaklike deel van elke onderneming. As 'n eienaar weet wat sy munisipaliteit se lesings beteken en hoe dit gedoen is, kan hy weet of hy te veel omgewingsgelde betaal.


Volgens hom moet die bedryf self verantwoordelikheid aanvaar en probeer om begrip onder alle belanghebbendes te kweek terwyl hy sy sake in orde kry. 'n Eenvormige omgewingstandaard vir die bedryf is noodsaaklik en lede moet inligting en oplossings onder mekaar versprei.


Dr. Wynton Rabolao, direkteur van veeartsenydienste in Gauteng, het beaam wat Fourie gesê het.


Hy het gesê weens klagtes van die publiek en kommer oor mense se gesondheid neem politieke druk op die provinsiale departement van landbou, bewaring, omgewings- en grondsake toe om op te tree teen besoedeling deur abattoirs. Die kwessie skuif ál hoër op die prioriteitslys en die departement het nou met 'n ondersoek daaroor begin.


Rabolao het gesê die Regering sal graag met die bedryf wil saamwerk om 'n oplossing te vind.

2 Julie 2004

0
 
 
  • 1558 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Eienaardige strepe op weer satelliet foto
  • Talle kulture by Nampo
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction