|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 09:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Koppe word geëis na dit aan die lig gekom het dat die regte protokol nie gevolg is om 18 000 ton gesubsidieerde mielies in Julie 2008 te bekom nie, berig Daily Nation, ‘n Keniaanse koerant.
Dié kontrak is aan Afgri toegestaan deur prof. Gideon Misoi, voormalige uitvoerende hoof van Kenia se Nasionale Graan en Produksieraad (NGPR). Mnr. Chris Venter, uitvoerende hoof van Afgri, sê nadat beide partye met die besonderhede tevrede was is ‘n kontrak deur beide onderteken.
Lees ook:
“Misoi het gesê hy het die nodige outoriteit om dit te onderteken. Afgri het sy verantwoordelikheid – om die mielies in Mombasa af te laai – nagekom.” Die NGPR het op hul beurt weer daarvoor betaal.
‘n Forensiese ondersoek deur Kenia PricewaterhouseCoopers (PwC) het egter uitgelig dat staatsamptenare nie die nodige protokol eerbiedig het toe die kontrak met Afgri aangegaan is nie.
Venter sê toe die kontrak aangegaan is het Afgri geen kennis oor enige onregmatigheid gehad nie. Die maatskappy het nog ‘n kontrak met die NGPR aangegaan.
Daarvolgens sou die maatskappy teen 8 Augustus verlede jaar nog 60 000 ton mielies lewer. Beide partye het ook dié kontrak nagekom.
2 Maart 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)