|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 09:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Die 400 miljoen ha grasvlakte wat van Senegal tot Suid-Afrika strek is ryp vir kommersiële landbou, sê die Verenigde Nasies (VN) se Voedsel- en Landbou-organisasie (VLO) en die Wêreldbank. Slegs 10% van dié vlakte, wat as die Guinea-grasvlakte bekend is, word tans vir boerdery gebruik.
Die VLO vergelyk dié deel van Afrika met gebiede in Thailand en Brasilië, maar meen dat dit ’n beter kans staan om doelwitte te bereik vanweë onder meer die gebruik van nuwe tegnologie. Die transformasie wat in Thailand se landboubedryf plaasgevind het is grootliks deur kleinboere gelei. Die organisasie meen dit behoort ook die benadering in Afrika te wees. In Brasilië is verandering deur kommersiële boere gelei.
“Grootskaalse gemeganiseerde produksie bied nie voor die hand liggende voordele nie behalwe in baie spesifieke omstandighede en is meer geneig om sosiale konflik te veroorsaak,” sê mnr. Michael Morris, hooflandbou-ekonoom by die Wêreldbank.
Bron:
Allafrica
23 Junie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)