Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Afrika-perdesiekte-maai-oos-kaap

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 09:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Afrika-perdesiekte maai in Oos-Kaap

 
THEUNS BOTHA en JAN CILLIERS

Die gevreesde Afrika-perdesiekte is besig om sy tol in die Oos-Kaap te eis en minstens 20 perde, waaronder rasegte Arabierperde, het reeds in dié provinsie omgekom. Berigte van perde wat dood is, is van Kirkwood, Alexandria, Uitenhage, Bathurst, Hogsback en Stutterheim ontvang.


Dr. Jane Pistorius, adjunk-direkteur veeartsenydienste vir die westelike streek van die Oos-Kaap, het gesê sy is bekommerd oor die uitbreking van dié dodelike siekte, maar haar hande is afgekap. "Om die besmette diere in kwarantyn te plaas dien geen doel nie, omdat die virus deur muggies oorgedra word." Dié muggies teel vinnig aan in warm, klam plekke. Die goeie reën wat onlangs in die provinsie geval het, het die broei-toestande bevorder.
Dr. Truuske Gerdes, 'n viroloog by die Landbounavorsingsraad se Onderstepoort Veeartsenykunde-instituut (LNR-OVI) in Pretoria, het gesê dit is hoofsaaklik perde wat nie teen die siekte ingeënt is nie, wat gevrek het.
Veeartse van die LNR-OVI het die soort perdesiekte geïdentifiseer wat deur die muggies oorgedra word. 'n Entstof is beskikbaar wat drie keer na mekaar toegedien moet word om perde immuun teen die siekte te maak. Dit moet egter gesonde perde wees, aangesien die entstof nie sal werk as die perde reeds siek is nie, want dit neem drie weke om immuniteit op te bou, het sy gesê.
Dr. Pistorius sê al wat eienaars kan doen, benewens inent, is om diere met die voorgeskrewe middels te dip en die muggies te probeer weghou. "Dit is egter van die grootste belang om die twee soorte entstowwe nie te vermeng nie, maar volgens voorskrif drie weke uitmekaar toe te dien."
Sy sê hoewel koue weer die uitbroei van muggies aan bande lê, dié siekte tot in Junie nog kan voorkom.
Sy het gewaarsku dat alle karkasse verbrand moet word en gesê die vleis van diere wat dood is, moet glad nie deur mense geëet word nie. Dit is uiters giftig.
In KwaZulu-Natal het sowat 300 perde in die distrikte Suid-Drakensberg en Griekwaland-Oos die afgelope tyd weens Afrika-perdesiekte gevrek.18 April 2003

0
 
 
  • 2329 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Help Asseblief
  • Groter aanleg vir vrugtevlieë
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction