Regerings in Afrika begin onder mekaar meeding met aanbiedinge om Suid-Afrikaanse boere na hul onderskeie lande te lok.
Dié aanbiedinge sluit in grond, gratis water en elektrisiteit, rentevrye lenings en vrystelling van belasting.
In die jongste ontwikkeling het 'n verteenwoordiger vir Ghana in Wes-Afrika aangedui dat die Ghanese regering sal verbeter op die aanbod van die Republiek van die Kongo indien Suid-Afrikaanse boere hul belange na dié land wil uitbrei.
Die aanbod van die Kongo behels onder meer vruggebruik van die grond vir 99 jaar, 'n belastingvakansie van vyf jaar lank, vrystelling van invoerbelasting en die onderneming dat wins uit die land geneem kan word.
Die regering van Ghana het glo aangedui dat hy daarop kan verbeter omdat hy dringend kommersiële boere in die land nodig het.
Libië soek onder meer na groente-, vrugte-, bees- en pluimveeboere. Ander lande wat ook hul oog op Suid- Afrikaanse kommersiële boere het, is die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), Angola, Kenia en Benin.
11 Mei 2009