|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 09:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Die Menseregtekommissie (MRK) en Agri Noordwes (Agri NW) het ooreengekom om saam te werk ten opsigte van beweerde menseregteskendings in Noordwes. Agri NW sal in die toekoms ingelig word oor alle beweerde menseregteskendings wat by die MRK aangemeld word en sal op sy beurt weer inligting aan die MRK verskaf om die geloofwaardigheid en verdienste van sulke sake te bevestig.
Mnr. Boeta du Toit, uitvoerende bestuurder van Agri NW, sê landbougemeenskappe se menseregte word die doeltreffendste beskerm wanneer ondersoeke en bevindinge op objektiewe afleidings gegrond word en gevolgtrekkings met feitelike inligting gemaak word.
Navrae kan aan Du Toit gerig word. Stuur ‘n faks na 086 524 7278 of ‘n e-pos na agrinw@lantic.net.
31 Augustus 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)