Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Agri-sa-bly-oor-sapd-eenhede

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 09:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Agri SA bly oor SAPD-eenhede

 
Deur ALANI JANEKE

Die instelling van eenhede om misdaad in landelike gebiede te bekamp word verwelkom aangesien dié gemeenskappe kwesbaar is, sê Agri SA.

Mnr. Nathi Mthethwa, die Minister van Polisie, het tydens die bekendstelling van die 2009/’10 boekjaar se misdaadstatistiek aangekondig dat dié eenhede weer ingestel gaan word.

In ‘n verklaring sê mnr. André Botha, voorsitter van Agri SA se veiligheidskomitee: “Om aanvalle en misdadigheid op die boerderygemeenskap aan bande te lê, is doeltreffende wetstoepassing van onmiddellike belang. Ons aanvaar die landelike beveiligingstrategie, ondersteun deur die beleid vir sektorpolisiëring en reserviste, as voldoende om landelike misdaad te bekamp.”

Botha sê die feit dat veediefstal die afgelope geldjaar met 6,5% toegeneem het, is ‘n teken dat dit ‘n ernstige misdryf in die landbousektor is. Hy sê dié misdaad het ‘n nadelige uitwerking op die winsgewendheid van kommersiële boere, maar meer so op kleinskaalse boere.

Inisiatiewe verwelkom
Hy sê Agri SA verwelkom die inisiatiewe wat die SAPS, volgens Mthethwa, reeds in dié verband onderneem het.

Botha sê hoewel die statistiek ‘n belowende prentjie vir misdaadbekamping in die land skep, kan meer gedoen word: “Agri SA wens Mthethwa en toegewyde lede van die SA Polisiediens geluk met die resultate wat behaal is. Tog is persentasie-sukses met arrestasies van verdagtes steeds te laag wat ‘n boodskap uitstuur dat die kanse op arrestasie vir oortredings skraal is”.

Volgens Botha versoek Agri SA dat die reservistebeleid en landelike beveiligingstrategie so spoedig moontlik gefinaliseer en ingestel moet word.

“Dit sal die landbougemeenskap die geleentheid bied om as reserviste by misdaadbekampingsoperasies betrokke te raak. Agri SA wil graag met die minister in gesprek tree oor die praktiese implikasies van die aankondiging en die finalisering van die strategie en beleid,” sê Botha.

11 September 2010

5
 
 
  • 1280 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Stel jy daarin belang om boomlusern te plant?
  • Swartkersie-brood-en-botterpoeding
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction