7 Augustus 2003

1522 keer gelees | 0 kommentaar

Agri Suid-Afrika is 'n solvente organisasie, maar dit het baie herstruktuering gekos om dié punt te bereik. 'n Paar weke gelede was dit nie die geval nie, het mnr. Hans van der Merwe, uitvoerende direkteur van Agri SA, gesê.


Agri Suid-Afrika is 'n solvente organisasie, maar dit het baie herstruktuering gekos om dié punt te bereik. 'n Paar weke gelede was dit nie die geval nie, het mnr. Hans van der Merwe, uitvoerende direkteur van Agri SA, gesê.

Hy het gesê sedert 1994 is die georganiseerde landbou van baie finansiële bronne ontneem. Dit het Agri SA se inkomste die afgelope jare skerp laat afneem. Hoë rentekoerste en projekte wat nie aan die verwagtinge voldoen het nie, het die finansiële situasie verder verswak.

Uitgawes het 'n punt bereik waar 'n derde daarvan uit lede-inkomste getrek word -- wat 'n baie ongesonde situasie is. Dit het die organisasie genoop om sy finansiële bestuur op te skerp, nuwe maatreëls in te stel, ondersoeke te doen, swak projekte te staak en personeel in te kort. Planne is aan die inkomstekant gemaak om genoeg geld te genereer om nie dienslewering aan die landbou in te boet nie.

Mnr. Van der Merwe het gesê Agri SA se geldelike probleme was nie te wyte aan skelmstreke nie. Die landbou is baie gefragmenteerd, en baie organisasies is by hom geaffilieer. Dit het finansiering bemoeilik want boere finansier eers hul eie spesialiteitsorganisasie en boerevereniging, en daarna Agri SA.

Die organisasie se langtermynprobleme is ook dié van die boer. "Ons is by 'n vernuwings-waterskeiding waartydens met 'n oop gemoed na probleme gekyk word,"het mnr. Van der Merwe gesê.

Mnr. Christof Cloete, voorsitter van Agri Wes-Kaap, het gesê in die toekoms sal R200 tot R250 per lid van Agri Wes-Kaap se ledegeld van R700 per jaar aan Agri SA oorbetaal word pleks van die huidige sowat R110 per lid. Dit is nie uitgesluit dat ledegeld in die toekoms tot R1 000 kan styg nie, maar dit is noodsaaklik dat Agri SA sal voortbestaan tot voordeel van die landbou. Daarsonder sal die landbou oneindige skade ly.

15 Augustus 2003


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights