|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 09:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Agri SA verwelkom die aankoop van sowat 100 lokomotiewe deur Transnet. Dít volg na die maatskappy bekend gemaak het dat hy ‘n ooreenkoms met General Electric Technologies Suid-Afrika, of Gesat, aangegaan het.
Mnr. Pradeep Maharaj, die waarnemende hoof van finansies by Transnet, en mnr. Swaady Martin, waarnemende bestuurder van Gesat, het die ooreenkoms in Johannesburg onderteken. Die eerste lokomotief sal na verwagting in 2011 afgelewer te word.
Mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, sê intussen spoorvervoer in Suid-Afrika moet al vir ‘n geruime tyd lank uitgebrei word. Hy sê die land se spoorinfrastruktuur kan baie beter vir vervoer aangewend word, as wat tans die geval is.
Minder vragmotors
“Dit sal nie net tot ‘n toename in produktiwiteit lei nie, maar ook meer omgewingsvriendelik wees aangesien minder brandstof dan deur vragmotors gebruik sal word.” Volgens Möller sal dit ook minder vragmotors op die land se paaie beteken, wat die verval van vervoerinfrastruktuur sal beperk.
Dit sal boere in staat stel om hul produkte af te lewer sonder kommer oor swak paaie en sal uitgawes beperk wat deur skade aan voertuie vanweë onder meer slaggate meegebring word. Möller meen as meer as een karweier op die land se spoorlyne toegelaat word, sal dit spoorvervoer meer mededingend maak.
“Dit kan ook ‘n oplossing wees vir swaarvoertuigverkeer op ons paaie”.
Lees ook:
Die teer saak van ons paaie (2003)
Spoorvervoer gaan toeneem (2006)
Transnet skok met tarief (2008)
SA vervoer op pad na verval (2008)
Swak infrastruktuur kos SA miljarde (2008)
Graanmanne wil spoorlyn toe (2008)
Graanbedryf kap Transnet (2008)
Boere hou paaie rybaar (2008)
Talle paaie onherstelbaar (2009)
Paaie in droewige toestand (2009)
22 Desember 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
spoorvervoer is nie altyd goedkoper nie ,dit klink snaaks maar dit is die waarheid, ek werk elke dag met vragmotors asook met spoor, die mense wat dink spoor gaan n verskil maak weet nie waarvan hulle praat nie. spoor trokke daag gewoonlik te laat op of hulle lewer te laat af , dit is die norm en nie n uitsondering nie, wanneer spoor trokke nie betyds kan aflewer nie word padvervoer gewoonlik ingekry om die produk tydelik te verskaf gewoonlik teen dubbel die gewone padvervoer se tarief. ja die vragmotors ry die paaie op , maar hulle betaal soveel meer aan lisensie gelde , en hoevoel diesel word uitgery wat ook n persentasie insluit vir die instandhouding van paaie. omtrent alle vragmotors ry 60 persent van hulle roete op tol paaie, n tol rekening van 100 000 rand per 20 vragmotors is niks snaaks nie, hoekom kla niemand oor die toestand van tolpaaie nie, want die geld word aangewend om die pad in stand te hou. om n boer se mielies vanaf die land na sy silo en dan weer na n trein oplaai punt te ry asook om die mielies weer na die meule te ry vanaf die aflaai punt gaan meer kos as om die produk direk vanaf die land te laai na die aankoper.
ek persoonlik het al trein stawe en sleepers wat afgebreek is by ou stasies weg gery om verkoop te word, nie een of twee vragte nie maar leterlik honderde, miskien moet hulle eers die infrastruktuur weer reg kry voor hulle treine bestel ,ek dink die treine gaan ook n wit olifant word en in store staan soos SAL se duur vleigtuie.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)