17 Mei 2012

517 keer gelees | 0 kommentaar

Agri SA het bekend gemaak dat hy amptelik die Lenteskou, wat voorheen die Pretoria-skou was en nou omskep word in ’n volwaardige landbouskou, sal steun.


Agri SA het bekend gemaak dat hy amptelik die Lenteskou, wat voorheen die Pretoria-skou was en nou omskep word in ’n volwaardige landbouskou, sal steun.

Mnr. Hans van der Merwe, uitvoerende direkteur van Agri SA, sê hy glo daar is ’n verbintenis tussen landbouskoue en die geldelike welstand van die landbousektor.

Agri SA stem volmondig saam met die Lenteskou se benadering om die kern belangegroepe in die landbou te betrek. Ons glo ook dat die skou se landboufokus by die algemene publiek meer belangstelling sal wek as die vorige formaat. Ons steun die skou ten volle en onderskryf die nuwe rigting wat ingeslaan word.”

Die skou word van 1 tot 6 September by die Tshwane Events-sentrum in die stad aangebied. ’n Wye verskeidenheid perdesport en kampioenskapskoue, soos die nasionale Dorper-, Boerbok- en Damara-kampioenskapskoue, is reeds bevestig.

Volgens die organiseerders is dit ’n aanduiding dat daar plek vir ’n groot landbouskou in die noordelike streke van die land is.

17 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights