Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Alle-landbouwette-hersien

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Alle landbouwette hersien

 
Deur AMELIA GENIS en ALANI JANEKE

“Dit is radikaal, maar totaal nodig.” Só sê me. Tina Joemat-Petterson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, nadat sy vanoggend bekend gemaak het dat alle landbouwette hersien gaan word.  Sy was een van die sprekers by Agri SA se bedryfs- en boerontwikkelingskonferensie in Somerset-Wes.

Die 14 landbouwette wat voor 1994 en alle landbouwette wat na 1994 gepromulgeer is, sal hersien word. Dit sluit beleidsdokumente in.

Verouder en ontoepaslik
Volgens Joemat-Pettersson is die rede vir die besluit dat die wette van voor 1994 verouder en ontoepaslik is, en in sommige gevalle teen boere werk. Sy sê die wette is retrogressief. “Dit neem nie die landbousektor vorentoe nie.” Sy het ook gesê dit staan in die pad van die vordering van ‘n ekonomiese landbousektor in die ekonomiese klimaat wat tans beleef word.

“In 1996 het die Strauss-kommissie sy verslag aan die regering oorhandig. Daardie verslag het die witskrif op die landbou geword. Dit het die vryemarkstelsel ingelui en meegebring dat markkragte moes geld en dat vryemarkdenkers die rigting in die landbou aangegee het. Die Strauss-kommissie se verslag het ons naak gelaat. Die beleid wat ons gekies het, het ons naak gelaat,” verduidelik Joemat-Pettersson.

Landbou gestroop van ontwikkeling

Joemat-Pettersson het bygevoeg dat die landbou van enige ontwikkeling gestroop is.

“Ons het ontwikkelende boere verhoed om voordeel te trek uit sekere stelsels vir ondersteuning in plek. Deur van die beleide van apartheid ontslae te probeer raak, het ons die baba saam met die badwater uitgegooi. In plaas daarvan dat ons aan die baba sag laat val het, het ons dit met die naelstring verwurg en uitgegooi,” vertel sy.
 
Nie ‘n terugkeer na subsidies
Die minister het aan joernaliste gesê die hersiening van landbouwette en –beleidsdokumente gaan nie ‘n terugkeer na subsidies en direkte betalings aan boere teweeg bring nie. Dit gaan eerder meebring dat ‘n meer ondersteunende omgewing vir boerdery geskep word. Spesifieke voorbeelde is die verbetering van infrastruktuur - spoorlyne, damme, besproeiing, boorgate, ens. - en meer fondse vir navorsing.

Sy het verder gesê die bestaande wetgewing en beleid help nie boere in die huidige ekonomiese klimaat nie, en sommige wette help nie met transformasie nie.

Sy kon nie sê wanneer die proses afgehandel sal wees nie. Die hersieningsproses gaan op tender uitgegee word en regskundiges sal met die proses help.

Intussen het mnr. Harry Prinsloo, ondervoorsitter van die Nasionale Wolkwekersvereniging, by dieselfde kongres gesê boere wil nie subsidies hê nie, maar wil beskerming en ondersteuning hê om op gelyke voet op wêreldmarkte mee te ding.

25 Februarie 2010
 

5
 
 
  • 1596 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • OBP dalk gou sonder ’n raad
  • Dagsê
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction