|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 11:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Ná Agri SA se raadsvergadering verlede week is daar sprake van ’n alles-in-een-diens vir grondhervorming. Verteenwoordigers van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye asook die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondsake het dié beraad bygewoon en het laat blyk dat groot veranderinge vir die grondhervormingsproses aan die kom is.
Kwessies, soos die finansiering van dié proses en die Land Bank se huidige situasie, was onder bespreking asook die afskaffing van die Landboukredietraad en die staat se strategie van pro-aktiewe grondverkryging, die Plas-program. Oor die eerste punt is bevestig dat talle instansies wat finansiering vir grondhervorming verskaf het, nie meer bestaan nie.
As die Regering die totale koste van die proses dra, sal dit 25 jaar duur om die mikpunt te haal van die oordrag van 30 % van die land se grond en dit sal sowat R750 miljard kos. Onbetaalde lenings deur opkomende boere is as die rede aangevoer vir die grootste deel van die Land Bank se finansiële probleme. Dr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri SA, sê hy het die indruk gekry dat die Land Bank moontlik weer onder die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, me. Tina Joemat-Pettersson se beheer geplaas sal word.
Joemat-Pettersson meen die afskaffing van die Landboukredietraad het wit boere benadeel en voeg by dat die Plas-program hersien moet word omdat dit tans onbedoelde ongunstige gevolge het. Sy het ook laat blyk dat ’n alles-in-een-diens vir grondhervorming moontlik ingestel kan word pleks van die huidige stelsel waar verskeie dienste deur verskillende instansies bestuur word.
Bron:
Sake24
27 Julie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)