Deur JOYLENE VAN WYK
22 Mei 2012

835 keer gelees | 3 kommentaar

Die ANC se besprekings oor sy siening rakende die beleid van grondhervorming is afgehandel.


Die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) van die ANC het sy besprekings rakende die grondhervormingsbeleid voltooi.

Hierdie beleid dui die pad aan hoe die ANC sien grondhervorming in die land volbring moet word.

Dit is bekend dat die party meen dat die gewillige koper/-verkoper beginsel daartoe geneig is om die grondmark te verwring deurdat grondpryse opgestoot word vir grond wat vir restitusie geoormerk is. Dit het veroorsaak dat grondhervorming baie duur raak en het ook daartoe gelei dat die proses waar armes toegang tot grond moet kry, vertraag is.

Hierdie siening het hy reeds in ‘n vorige weergawe van sy beleidsdokument weergegee. Volgens mnr. Ishmael Mnisi, woordvoerder van die ANC, sal die dokument oor grondhervorming soos deur die NUK goedgekeur, op die ANC se webtuiste geplaas word. Die NUK het die naweek buite Pretoria vergader waar die dokument gefinaliseer is.

Mnr. Gugile Nkwinti, Minister vir Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, het die dag met die lewering van sy begrotingsrede in die Parlement dit duidelik gestel dat dit nie boere se skuld is dat die gewillige koper/-verkoper beginsel nie werk nie. “Ons dink dikwels dit is die boer wat die prys opjaag, maar dit is nie.”

Hy meen dat bedrieërs, agente en waardeerders die blaam moet kry.

Hoewel Nkwinti nie die skuld op die boer pak as rede waarom die koopbeginsel nie werk nie, beteken dit nie dat die gewillige koper/-verkoper beginsel onaangeraak sal bly nie.

Hy het ‘n paar uur voor die lewering van sy begrotingsrede dit duidelik gestel dat solank daar markmeganismes is, dit nooit sal verdwyn vir grondtransaksies in die ope mark nie. Maar vir die Staat, wat ‘n verpligte koper van grond is, werk die beginsel egter nie.

22 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Coetzee

2012/05/23 08:03:29 PM

Goeie kommentaar. Hoe kan ons dit vir die publiek en regering versprei?


Cattle Baron

2012/05/23 08:38:21 AM

Ek boer met 300 Ngunis en 250 Bapedi skape, toeriste en wild in die Magaliesburg omgewing. Dit gese is ek ook eienaar van Hoskens Rural Real Estate wat sedert 1974 plase en grond in die omgewing verkoop. Met betrekking tot die kwessie van mislukking van die gewillige koper/-verkoper beginsel wil en net vir almal, insluitende opregte regeringspersoneel dat deur al die jare vanaf 1994 is ek nooit deur enige regering koper benader om hulp. Daar is altyd plase teen markverwante pryse op my boeke. Hulle hoef net te gaan loer by www.hoskens.co.za of as hulle nie met my vir handel dan kan hulle gaan "shop" by die 'Plase te Koop' afdeling van Landbou Weekblad. Verder wonder ek of daar ooit enige gedagte gegee is aan die konsep van 'rainbow nation finanseering'? Die konsep werk op die manier dat die regering help om vennootskappe van swart en wit boere waar die swarte n 51 persent of hoer behou om saam plase te koop. In sulke gevall is die mentoring van byvoorbeeld n jong Van der Merwe (vierde geslag boer)as aandeelhouer gemotifeer en die verdere voordeel vir hom is dat hy nou apart van sy pa kan boer. Dus dubbel sukses omdat pa verder boer (sy plaas bly kos produsent) en die nuwe swart/wit vennootskap dra vinniger by tot kos produksie. Al die verskillende finanseerings programme en 'grants' terwyl goedbedoelend se grootste swak punt is dat oneerlikke mense die stelsels misbruik om grond te bekom. Baie van ons mede Suid-Afrikaners glo dat grond automaties lei tot rykdom. As beesboer kan ek dit nie verstaan. Boerdery is die besigheid en nie die grond. Ek weet van baie suksesvolle boerdery besige wat hulle grond huur en nie eers titel het tot een enkele hektaar.


Giel du Rand

2012/05/22 07:51:00 PM

Die gronde wat ons as boere op boer het ons nie net gevat nie maar ook betaal voor. Met geld en sweet en harde werk. Dis reg dat almal geregtig is om geld in die bank te he, maar nie tenkoste van ons boere nie. En dit lyk vir my almal dink as jy grond het is jy ryk of gaan jy ryk word. En glo my dis def nie die geval nie. Dit vat 1 slegte jaar vir jou om als te verloor, jou plaas ook. Maar dit lyk of die mense in die land wil honger ly.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights