Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Anc-negatief-oor-kommersi-le-landbou

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

ANC ‘negatief oor kommersiële landbou’

 
Deur NICO VAN BURICK

Die ANC sien kommersiële landbou in ’n ongunstige lig omdat hy glo dat dit die oorsaak is vir hoë bevolkingskonsentrasie en verslegting van grond in voormalige tuislande.

Prof. André Duvenhage, navorsingsdirekteur vir maatskaplike transformasie by die Universiteit van Noordwes, het by die TLU SA se jaarkongres in Pretoria gesê die Regering se siening is in konflik met dié van kommersiële boere.

Die ANC sê sedert 1994 het kommersiële landbou ontwikkel op ’n manier wat gekenmerk word deur groter konsentrasie van eienaarskap en grootte van plase. Dit lei tot onderbenutting van grond, dit is meer kapitaal-intensief en daar is minder werkgeleenthede.

Die ANC sê die landboubedryf bevorder groot kommersiële boerderye ten koste van kleiner boerderye, soos dit in China en Indië bestaan.

Nasionalisering?
Duvenhage sê nasionalisering en beperkte vorme daarvan is tans onder bespreking. “Daar is verdeeldheid binne die ANC oor die beoogde Groenskrif vir landelike ontwikkeling en grondhervorming, wat eers later vandeesmaand by die nasionale algemene vergadering van die party uitgeklaar sal word.”

Duvenhage sê daar is geen duidelikheid oor wat bedoel word as mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, sê grond is ’n “nasionale bate” maar dit kan nie gelyk gestel word aan nasionalisering nie. Die beoogde Groenskrif moet veral duidelikheid oor toepassing bring.

8 September 2010

0
 
 
  • 1408 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Boer 
08 Sep 2010 20:42

Indien jy 'n wit-boer is hou hulle nie van jou nie, punt.

  • antwoord
Pieter Pyp 
08 Sep 2010 19:34

Hierdie geluide wat die ANC maak is bitter onstellend. Ek is een van honderde blankes wat dit oorweeg om n ou plasie te koop en deel te raak van die voedselsekuriteits ketting. Met hulle aanhoudende neul om grond te nasionaliseer sal die getal aktiewe boere en produkte net daal.

  • antwoord
Onbekende besoeker 
08 Sep 2010 16:27

"Die ANC sien kommersiële landbou in ’n ongunstige lig omdat hy glo dat dit die oorsaak is vir hoë bevolkingskonsentrasie en verslegting van grond in voormalige tuislande."

Ek verstaan nie hoe kon kommersiele landbou die oorsaak van verslegting in grond in die voormalige tuislande wees nie. Die verslegting gebeur juis omdat hulle bestaansboedery doen en veld oorbewei.

  • antwoord
GW RAAD 
08 Sep 2010 15:33

AS DIT DIE WAARHEID IS DAN WEERSPIEEL DIT DIE ANC SE UITERSTE ONKUNDE OOR 'N LAND WAT HULLE VERONDERSTEL IS OM TE REGEER AS LEIERS EN NIE AS AKTIVISTE NIE.

SEDERT DIE OU REGERING SE DESENTRALISASIE HET DIE KLOMP AL DAAR TEEN GESKOP. METTERTYD HET MENSE STEDE TOE GETREK OMDAT DAAR MEER GELEENTHEDE SOU WEES ENS. HOE KAN LANDBOU DIE SKULD KRY?

AS DIE ANC BELEID NOU WEL INGEVOER WORD WAAR ELKEEN SY EIE STUKKIE GROND KRY, WIE DINK HULLE GAAN BOER AS AL DIE GELEENTHEDE IN DIE STEDE BLY? AL WAT GAAN GEBEUR IS DAT DIE GROND ONDERVERDEEL GAAN WORD EN DIT GAAN SO LAAT STAAN WORD ALDUS DIE TBVC LANDE WAAR FAMILIE LEDE DAAR BLY MAAR DIE "BROODWINNERS" NOG STEEDS IN DIE STAD WOON EN WERK. DIE BELAGLIKE SITUASIE SAL NET VOORTDUUR.

VERDERMEER DINK DIE ANC DIT IS LEKKER OM VIR DIE EERSTE 20 KM NABY STEDE VIR PLAKKERS KAMPE TE RY? DIS VIR NIEMAND LEKKER NIE MAAR OM LANDBOU TE BLAMEER VIR EEN VAN HULLE ONDERLIGGENDE BELEIDE IS BELAGLIK.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Bloeisels4.jpg
  • Eenheid kan meer geld vir landbou inhou
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction