|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 11:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Australië gaan sowat R50 miljoen aan die Wêreldbank se wêreldwye krisisprogram vir voedsel gee om voedselsekerheid en mielieproduksie in Zimbabwe in 2009/’10 se somer ’n hupstoot te gee. Die program sal saad van ’n hoë gehalte aan meer as 300 000 arm kleinboere in dié land skenk, luidens ’n berig van News24.com.
“Sowat 17 nie-regeringsorganisasies sal die saad betyds vir die komende planttyd uitdeel,” sê Courtney. Die doel is om Zimbabwe se afhanklikheid van voedselhulp en graaninvoer te beperk. Die program sal inskakel by bestaande skenkerprojekte wat reeds kunsmis en saad versprei.
Bron:
News24.com
14 Oktober 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)