Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Begroting-bied-steun-aan-landbou

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Begroting bied steun aan landbou

 
Deur JOYLENE VAN WYK

Die verbetering van steundienste in die landbou kry ‘n broodnodige geldelike inspuiting van die Tesourie met R1,9 miljard wat daarvoor begroot is.

Die begroting van 2012 van mnr. Pravin Gordhan, Minister van Finansies, bevat planne om die land op koers te kry om meer werkgeleenthede te skep, armoede te verlig, infrastruktuur te ontwikkel en die ekonomie in die algemeen uit te brei.

Die begroting beklemtoon nie net die groot steun aan die landbou nie, maar ook beleggings in tegnologie, die ontwikkeling van ondernemings en die verbetering van mededinging in sakesektore. Die totale besteding van die land sal aanstaande jaar (2013) R1 100 miljard bereik, het Gordhan gesê.

Van die belangrike punte van die begroting is:
Ekonomiese dienste en omgewingsbeskerming kry bykomende geld van net meer as R15 miljard oor die mediumtermyn-bestedingsraamwerk (MTBR).

Die Departement van Handel en Nywerheid kry die grootste hap hiervan, wat R5,8 miljard vir die mededingingsversterkingsprogram vir vervaardiging is en R2,3 miljard gaan vir nywerheidsontwikkeling en die spesiale ekonomiese gebiede wat ontwikkel gaan word.

Bykomende geld gaan ook na SanParke vir toerisme-infrastruktuur en die Land Bank kry R1 miljard om sy herkapitalisering te voltooi.

Vir landboukolleges
Gordhan het gesê dat R150 miljoen beskikbaar gemaak is vir landboukolleges en dat die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming die finalisering van 4 000 restitusie-eise oor die komende MTBR gaan voltooi.

Die Landbounavorsingsraad kry R400 miljoen om sy dienste te verbeter en altesaam R2,9 miljard oor die MTBR.

Die LandCare en Ilima/Letsema-programme kry altesaam R6,4 miljard oor dieselfde tydperk en vir rampe en vloedskade is vir die volgende geldjare onderskeidelik R398 miljoen, R299 miljoen en R298 miljoen begroot.

Landboubemarkingsraad
Altesaam R99 miljoen is vir die Nasionale Landboubemarkingsraad oor die MTBR begroot en sy begroting vir die 2012-’13 is R31,8 miljoen.

Onderstepoort Biologiese Produkte kry R140 miljoen en die Beheerraad vir die Uitvoer van Bederfbare Produkte (PPECB) R193,7 miljoen.

Provinsies sal sowat R25,5 miljard oor die MTBR bestee om provinsiale én landelike paaie te onderhou. Geld is ook bewillig sodat landelike munisipaliteite batebestuurstelsels vir paaie kan ontwikkel.

Landbou, Bosbou en Visserye
Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se begroting vir die 2012-‘13 geldjaar is bykans R6 miljard.

Gordhan het vanjaar weer eens sondebelasting ‘n harde hou gegee met ‘n pakkie 20 sigarette wat 58c meer sal kos en ‘n liter wyn 18c meer, ‘n 340 ml kannetjie bier 9c meer en ‘n bottel 750 ml sterk drank R6 meer.

Nog slegte nuus is dat die brandstofheffing op 4 April met 20c per liter gaan styg en die heffing vir die Padongelukkefonds sal ook met 8c tot 88c per liter verhoog word. Gordhan het ook aangekondig dat R5,75 miljard vir die Suid-Afrikaanse Padagentskap (Sanral) bewillig is om tolgeld in Gauteng te verminder.

22 Februarie 2012

4
 
 
  • 829 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Bedrywe bloei weens bek-en-klouseer
  • Boerderybeplanning: Wat dit behels
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction