Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Begroting-landbou-afgeskeep-tlu-sa

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Begroting: Landbou afgeskeep – TLU SA

 
Deur JAN BEZUIDENHOUT

In ’n tyd dat daar internasionale kommer is oor voedselsekerheid en voedselpryse, word dit betreur dat die landbou afgeskeep word in die begroting en dat boere eenvoudig in die groot ekonomiese massa verdwyn terwyl ’n ander speelveld ter sprake is vir die landbou.

In ‘n nuusverklaring sê mnr. Louis Meintjes, voorsitter van die TLU SA, dat die landbou die nuwe finansiële jaar met ’n swaar hart binnegaan. Die aanslag op die boere se grond gaan voort met die aankondiging dat 4000 grondeise afgehandel gaan word. “Die gevaar bestaan dat teen tyd gehaas gaan word om politieke doelwitte te bereik terwyl die ervaring oor jare al geleer het dat baie eise nie bona fide-eise was nie.”

Geweldige verhogings
Meintjes sê boere staar geweldige verhogings in die gesig, en van die verhogings wat boere tot kommer stem is:
• Die brandstofheffing se verhoging met 28 sent per liter. Boere se trekkers, stropers en ander werktuie sien nooit ’n openbare pad nie, maar hulle moet kruissubsidiëring toepas vir ander nie-landbou verwante projekte;
• Die tolgelde wat einde April in werking tree. Taxi’s word vrygestel, maar boere wat teen groot koste van ver af voedsel vir die markte moet voorsien, sal die volle bedrag in tolgeld moet betaal. Die alternatiewe roetes wat herstel gaan word, gaan helaas nog lank neem en is nie eens ’n troosprys nie;
• Die styging van kapitaalwinsbelasting vir maatskappye tot 66% kan rampspoedig wees. Meeste boerderye is om ekonomiese redes in maatskappye gestruktureer. As die staat nou druk plaas in terme van grondhervorming op boere om hulle grond te verkoop, moet hulle dan nog ’n geweldige bedrag aan kapitaalwinsbelasting betaal, wat dit onmoontlik maak om ’n nuwe bedryf aan te koop.

Hoofsaaklik vir opkomende boere
Van die R1,9 miljard wat vir Departement Landbou en die Land Bank toegestaan is, gaan waarskynlik baie min by kommersiële boere uitkom en waarskynlik vir opkomende boere gegee word.

Landbou het dus in wese niks om opgewonde oor te wees nie, behalwe die vooruitsig van die opknapping van infrastruktuur, maar dit gaan helaas nog lank neem om te realiseer, en gaan boere intussen nog baie skade aan voertuie en bande kos, sê Meintjes. “Daarbenewens bestaan daar altyd die twyfel of die prosesse reg bestuur kan word, of tenders behoorlik toegeken gaan word sonder bedrog en korrupsie en dat fondse op die mees produktiewe wyse aangewend gaan word.”

23 Februarie 2012

5
 
 
  • 417 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Ja vir heffings op wintergraan
  • Landbou van kardinale belang
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction