Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Bek-skade-van-r29-miljoen-vir-kzn-boere

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

BEK: Skade van R29 miljoen vir KZN-boere

 
deur ALANI JANEKE

’n Groep boere in die bek-en-klouseer besmette gebied in KwaZulu-Natal skat dat hul verliese vir die afgelope paar weke en vir die komende maande sowat R29 miljoen kan beloop. Me. Sandy la Marque, uitvoerende hoof van Kwanalu, sê ’n klein groep kommersiële bees- en wildboere het aan ’n blitsopname deelgeneem.

Altesame 17 beesboere het aan die opname deelgeneem, en volgens skattings verwag hulle om ’n inkomste van sowat R16 miljoen net vir die verkoop van speenkalwers te verloor. Die verliese van 25 wildboere in dieselfde tydperk – van wie sommige ook beesboere is – is op R13 miljoen geskat.

“Hierdie verliese is net vir dié tydperk en komende maande. Dit reflekteer nog nie die verliese wat die boere moontlik mag ly in die venstertydperk van die drie jaar tot vyf jaar vorentoe nie,” verduidelik La Marque. Verliese in die arbeidsmark en aan toerisme is ook nie hierby in berekening gebring nie.
 
Duidelike pad vorentoe

La Marque sê hulle is bekommerd oor die feit dat die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye nie ’n duidelike pad vorentoe vir die bedryf en die land aangekondig het nie. “Sover ons bewus is, is nog geen nuwe uitbrekings aangeteken nie. Daar bestaan egter baie vrae oor wat dit presies is waarmee ons hier te doen het en hoe dit gehanteer gaan word.”

Volgens La Marque het hulle ’n vergadering met minister Tina Joemat-Pettersson aangevra, en hoop hulle om haar binnekort te sien.

Ligter protokol

Intussen sê die departement die voorwaardes vir die beweeg van diere in KwaZulu-Natal is aangepas. Luidens ’n verklaring is intensiewe toetse die afgelope agt weke in die bek-en-klouseer beheerde gebied in die noordelike dele van KwaZulu-Natal gedoen. Die ondersoeke het geen bewyse van aktiewe bek-en-klouseer of enige verspreiding van die virus opgelewer nie.

Gegewe die minder riskante profiel van die uitbreking het die Minister ’n ligter bewegingsprotokol uit die geïnfekteerde gebied aangekondig.

“Beweging van vleis wat uitgehang is om te droog, sowel as verouderde dierekarkasse, sal buite die bek-en-klouseer geïnfekteerde omgewing toegelaat word, aangesien dit ’n minimale risiko vir die verspreiding van die virus inhou. Lewende diere sal egter nie uit die geïnfekteerde gebied beweeg mag word nie,” lui die verklaring.

11 April 2011
 

0
 
 
  • 919 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Blitsige mielieroomsop
  • Staat koop grond onder markwaarde
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction