|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 11:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Talle Suid-Afrikaanse landboubedrywe kwyn, sê mnr. Christo Joubert, ’n landbou-ekonoom by die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR).
Joubert het op ’n vergadering van die Landboubesigheidskamer (LBK) en die Nepad Sakestigting (NBF) in Pretoria gepraat.
Hy sê van die 42 landbouvertakkings wat hy in Suid-Afrika bestudeer het, is 12 besig om te krimp. Die suikerbedryf is ’n voorbeeld. Ander bedrywe, soos die pluimveebedryf, se plaaslike produksie groei sywaarts, terwyl die vraag daarna verhoog.
Dr. John Purchase, uitvoerende hoof van die Landboubesigheidskamer (LBK), sê die sektor se grootste uitdaging is die tekort aan belegging daarin.
In 2003 het alle lande in Suider-Afrika in Maputo beloof om minstens 10% van hul nasionale begrotings aan die landbou te bestee. Tog kom net agt lande dié belofte na, sê Bissi.
Suid-Afrika het slegs R17,1 miljard in die komende boekjaar vir die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye begroot. Dit is slegs 1,9% (0,4% vir landbousake) van die totale begroting van R907 miljard.
13 Mei 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)