|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 11:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die plakkers wat verlede maand die grond van die Walmansthal-vereniging vir Kommunale Eiendom (WCPA) naby Pretoria beset het, is deur die hof beveel om te trek.
Luidens ’n verklaring sê AfriForum, wat die gemeenskap met sy hofsaak bygestaan het, die Noord-Gautengse Hooggeregshof het die gemeenskap Donderdag (2 Februarie 2012) beveel om die grond te ontruim.
Die grond lê tussen Ludwig’s Roses en die militêre basis Walmansthal.
Luidens ’n berig in Beeld het duisende plakkers glo twee naweke gelede hul intrek op dié grond geneem voordat die WCPA hulle daar kon tuismaak. Die grond is in 2007 deur me. Lulu Xingwana, voormalige Minister van Landbou en Grondsake, aan die gemeenskap oorhandig.
Polisiekaptein
Volgens die koerant het ’n voormalige polisiekaptein verlede jaar glo staatsgrond by Haakdoringlaagte, aan die ander kant van Ludwig’s Roses, begin verkoop. Hy het glo te min grond gehad vir al die mense van wie hy geld gevat het, en het die mense toe glo op Walmansthal laat intrek.
AfriForum het glo ná die onlangse besetting tussenbeide getree nadat van die verteenwoordigers onder leiding van “die berugte kapt. Makene” – die voormalige bevelvoerder van Hammanskraal-polisiestasie – betoog het dat hulle die wettige eienaars van die grond is.
Die hof het bevind dat slegs die WCPA die wettige eienaars van die grond is, en dat die besetters hul onwettige strukture binne 15 dae moet verwyder. Die besetters moet ook die regskoste van die saak dra.
Bron: Beeld
2 Februarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Dis al 'n geruime tyd wat hierdie plakkers daar rondhang, ingetrek het, vestig en diere steel of slag. Wie is in elk geval hierdie mense? Is hulle Suid-Afrikaners, of kom hulle almal uit Hammanskraal se wêreld. As mens na die geskiedenis van hierdie stuk grond gaan kyk, het dit ook aan iemand anders behoort, jare gelede het sekere groepe op hierdie grond daar gebly en gewerk, vir die boer. Hoe kan mens as jy op 'n stuk grond bly, dit jou eiendom maak? Ek kan nie as ek vir die munisipaliteit werk, my kantoor omskep in 'n woongebied nie, dit bly munisipale grond! Dit moet tog vir enige werker ook geld, nie net vir plaasboere se werkers wat so aandring op grond nie. Waar trek mens die streep, net as dit die owerhede pas? Wie is die wettige eienaar en was dit wettig verkoop, en geregistreer by die Aktekantoor.
Hulle is al langer as twee weke daar. Twee weke gelede het ek foto's geneem, toe was daar reeds duisende plakkers. Reeds is daar wild, kabels, pompe ens van mense in die omgewing gesteel. Die tydbom wag om te ontplof.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)