Deur JOHAN NORVAL
2 Junie 2009

309 keer gelees | 0 kommentaar

Suid-Afrika stuur op 'n koskrisis af as daar nie maatreëls ingestel word om produsente te beskerm nie, sê mnr. Bertus de Jongh van MPOSA.


'n Voedselkrisis is Suid-Afrika se voorland indien maatreëls nie ingestel word om sy produsente te beskerm en selfversorgendheid in die hand te werk nie, sê Mnr. Bertus de Jongh, die uitvoerende hoof van die Melkprodusente-organisasie van Suid-Afrika (MPOSA), die moederliggaam van die Melkprodusente-organisasie (MPO).

De Jongh het op die MPO se roetevergaderings deur die Vrystaat gesê die krisis geld nie net Suid-Afrika nie. Hy sê wanneer die wêreld-ekonomie weer verbeter is die verwagting dat die voedseltekort wat voor die ekonomiese insinking geheers het, homself sal herhaal.

Indien wetgewing nie oorweeg word om die druk van produsente te verlig en ander oorheersende rolspelers te beperk nie, sal 'n tekort aan voedsel voorkom. Voedsel sal dus ten duurste ingevoer moet word, aangesien min produserende lande kos so goedkoop soos Suid-Afrika kan verbou.

"Die blote feit dat ingevoerde produkte soos suiwel tans goedkoper beskikbaar is as plaaslike produkte beteken nie dat dit permanent beskikbaar sal wees nie," sê hy. Gesubsidieerde suiwelprodukte uit die Europese Unie en Amerika begin nou na Suid-Afrika stroom teen laer pryse laer as wat dit plaaslik geproduseer kan word.

2 Junie 2009

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights