Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Beskerm-vleilande-en-water

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

‘Beskerm vleilande en water’

 
Deur ALANI JANEKE
Vleiland. Foto: ALANI JANEKE
Vleiland. Foto: ALANI JANEKE

“Vleilande in Suid-Afrika moet baie versigtig bestuur word aangesien hulle ‘n moontlike waterkrisis in die land kan voorkom”. Dít was die boodskap van me. Rejoice Mabudhafasi, die adjunkminister van Waterwese en Omgewingsake, tydens die nasionale vieringe van Wêreld-vleilanddag in Pretoria.

Mabudhafasi sê al is vleilande uitdagend wat ontwikkeling en instandhouding betref, maak hulle ‘n belangrike deel van die land se natuurlike infrastruktuur uit en moet hulle beskerm word. Sy sê Suid-Afrika is ‘n waterskaars land, en vleilande kan ‘n belangrike rol speel as die klimaat weens aardverwarming droër sou word en watertekorte ervaar kop uitsteek.

Suid-Afrika het meer as 115 000 vleilande, en 60% van hulle is reeds beskadig, vertel Mabudhafasi. “Die meeste van die skade is deur mynbedrywighede en behuising aangerig”. Sy het haar kommer uitgespreek oor die moontlikheid dat nog steenkoolmyne op vleilande opgerig kan word.

“Die departement is bekommerd oor die groot klomp aansoeke wat vir steenkoolmyne op vleilande ontvang is. Ons hoop dat die ander regeringsdepartemente die omgewing in ag sal neem wanneer hulle die aansoeke oorweeg”.

Bedreig deur landbou?

Volgens Mabudhafasi het die landbou ook ‘n ongunstige uitwerking op vleilande en hul voortbestaan. Sy sê daar is sommige boere wat vleilande misbruik en nie besef watter uitwerking dit op die omgewing het nie.

“Ons moet egter ook besef dat ons boere nie net kan verbied om enigsins in die gebiede te boer nie. Dit sal lei tot laer produksie, wat ‘n uitwerking op voedselsekuriteit en voedselpryse aan verbruikers sal hê”.

Sy het haar daartoe verbind om aansoeke vir ontwikkelingsprojekte op vleilande baie versigtig te oorweeg en slegs toe te staan as sy oortuig is dat dit nie skade aan die omgewing sal veroorsaak nie.  

Munisipaliteite moet verantwoordelikheid neem
Mabudhafasi meen munisipaliteite moet hul verantwoordelikheid om die omgewing te beskerm ernstig opneem. Sy sê aangesien baie vleilande in landelike gebiede geleë is berus dit by munisipaliteite om dié gemeenskappe aan te moedig om vleilande te beskerm en bewaar.

Sy het munisipaliteite ook gekritiseer oor hulle laksheid ten opsigte van omgewingsbewaring. “Hoekom hou ons kongresse om die mense op te lei, maar as ek by ‘n munisipaliteit kom is daar nie ‘n portefeuljebestuurder vir omgewingsbewaring nie? Is die mense net by die kongresse vir die pret daarvan?”

Mabudhafasi sê sy is seergemaak hierdeur, en sy is van plan om dit aan te spreek.

3 Februarie 2010
 

4.5
 
 
  • 4419 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewellyn Moolman 
20 Mei 2011 10:55

In Ermelo spoel rou riool vir ten minste die afgelope jaar in die Vaalrivier, massas bloed stroom gereeld by mangate uit en in Ermelo se damme en riviere in en ons word deur verlate myne vergiftig - all in a day's work!

  • antwoord
Gielie Fourie 
06 Des 2010 22:45

In Ventersdorp het die munisipaliteit se riooldam gebreek en al die riool het in die Elandskuildam beland waaruit ons besproei.Daar is ook 'n rioolpompstasie wat nie werk nie en hierdie riool beland in die Schoonspruit wat na Klerksdorpdam toe vloei.Dept Waterwese weet van die probleme vir meer as 3 maande maar stel nie eers belang om te kom ondersoek instel nie. Ons vermoed dat die boorgate nou besoedel word. By wie kan ons nou aanklop vir oplossings

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • OBP-entstof weer onder skoot
  • Ertjieland as voerkraal?
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction