|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 11:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Mnr. Jan Viljoen is tydens ‘n gala geleentheid in Rawsonville as Agri Wes-Kaap/Santam Agri se 2010 Jongboer van die Jaar aangewys.
Viljoen, wat op Middelplaas in die Caledon-distrik met onder meer skape, persimmons en pere boer, dring deur na die nasionale Jongboer van die Jaar-kompetisie wat later vanjaar plaasvind.
“Ek voel dit is belangrik om by jou produk betrokke te bly.”
Van links na regs: Mnre. Jantjie Jonker, Johannes Fourie, Hannes du Plessis (Santam Landbou), Jan en me. Liesel Viljoen. Foto: VERSKAF
Viljoen meen hy moet die potensiaal van sy plaas optimaal benut en goeie besluitneming toepas. Hy is ‘n gelowige mens wat op ‘n beskeie manier baie trots is oor dié prestasie.
Mnr. Niël Joubert, voorsitter van die paneel wat die beoordeling behartig het, het Santam Agri bedank vir sy borgskap en investering in jong boere van die Wes-Kaap.
“Jong boere se uitdagings is net so groot soos dié van meer gevestigde boere, maar het nie altyd die nodige vangnette om terug op te val as hulle besigheid in die moeilikheid beland nie. Hulle het dus al die ondersteuning nodig. Jong boere is die volgende generasie wat die landbousektor verder moet help ontwikkel en uitbrei.”
Mnre. Johannes Fourie, van Monteith Trust in Grabouw, was tweede en Jantjie Jonker, van Jakkalsvlei in Herbertsdale, derde.
3 Augustus 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)