|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 11:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe was een van die voorbokke om lande in Suider-Afrika aan te moedig om hul besteding aan die landbou te verhoog sodat voedselvoorsiening in die streek verbeter kan word.
Mugabe, pres. Sam Njoma van Namibië en pres. Benjamin Mkapa van Tanzanië het by die 13 lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) gepleit om besteding aan die landbou in die volgende vyf jaar tot 10 % van nasionale begrotings te verhoog.
Die lande het by 'n beraad oor voedselsekerheid in Dar Es Salaam onderneem om toe te sien dat daar in hulle lande vir boere toegang tot produksiemiddele, soos verbeterde saad, kunsmis, landbouchemikalieë en werktuie, is sodat produksie verhoog kan word. Adjunkpresident Jacob Zuma en me. Thoko Didiza, Minister van Landbou en Grondsake, het Suid-Afrika by die beraad verteenwoordig.
Volgens Sapa-AFP het Mugabe, wie se land onder ernstige voedseltekorte gebuk gaan, gesê Zimbawe het 'n aksieplan om verhoogde landbouproduksie te verseker.
Mkapa het by die beraad gesê die streek het die vermoë om sy landbouproduksie te verhoog. "Ek voel sterk oor die vernedering om van tyd tot tyd vir kos te bedel. Ek is oortuig ons kan strategieë uitwerk om, in die kortste moontlike tyd, produksie te verhoog en voedselsekerheid te verbeter."
Die voorneme van lande om toe te sien dat boere toegang tot produksiemiddele het, sal deur die SAOG se sekretariaat in Botswana gemonitor word.
28 Mei 2004Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24