Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Biobrandstof-n-komplekse-saak

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Biobrandstof ’n komplekse saak

 
Deur ALANI JANEKE
Raswant tydens sy verduideliking. Foto: ALANI JANEKE
Raswant tydens sy verduideliking. Foto: ALANI JANEKE

Besluite rondom biobrandstof, of dit geproduseer moet word en of die produksie daarvan tot voordeel van die wêreld sal wees, hoort nie meer in die hande van regerings nie, reken ’n wetenskaplike van Duitsland.

“Hierdie wêreld (van biobrandstof) is nie meer ’n kindertuinding nie, dit is kompleks. En dis tyd dat dit nie meer net in die hande van regerings is om besluite te maak nie,” aldus mnr. Uwe Fritsche, wetenskaplike by die Oeko-instituut in Darmstadt, tydens ’n debat oor voedselsekerheid en biobrandstof by vanjaar se Global Media Forum in Bonn, Duitsland.
 
Fristche was een van vyf kenners wat aan ’n paneelbespreking oor die stryd tussen biobrandstof en voedselsekerheid deelgeneem het. Volgens Fritsche gaan die wêreld se kragverbruik oor die volgende tien jaar verdriedubbel, en hy voorsien dat die gebruik van biobrandstof derhalwe teen 2050 tien maal meer gaan wees as tans.
 
Dr. Klemens van de Sand, ’n raadslid van Germanwatch, sê ten spyte van die teenstrydighede tussen die produksie vir voedsel en die produksie vir energie, is dit duidelik dat die produksie van biobrandstof die aandag van groot ekonomieë geniet, met die Europese Unie en Amerika wat oor die volgende tien jaar sowat $20 miljard vir navorsing en produksie beskikbaar gestel het.

Lees hier wat dr. Pieter Mulder dink van 'n moontlike biobrandstofbedryf in Suid-Afrika.
 
Langtermyn- en korttermyn-gevolge
Fritsche sê navorsing dui aan dat die produksie van biobrandstof op kort termyn probleme vir sommige ekonomieë en bevolkingsgroepe kan veroorsaak, maar op lang termyn sal dit basies alle ekonomieë en bevolkingsgroepe bevoordeel.

“Die landbou in Afrika is byvoorbeeld onderontwikkel, maar deur belegging in biobrandstof kan opbrengste en infrastruktuur verbeter word, wat tot werkskepping en armoedeverligting in die streek kan lei.”
 
Volgens Fristche het hulle ook studies in onder meer China en Suid-Afrika onderneem om te bepaal of grond wat nie optimaal is vir voedselproduksie nie, wel vir die produksie vir biobrandstof geskik is.

“In Suid-Afrika het ons gevind dat die grond wel geskik is vir die produksie vir biobrandstof, en dit kan tot belegging en voordele vir die arbeidsmark lei.”
 
Voedselpryse?
Die Verenigde Nasies verwag dat die vraag na biobrandstof oor die volgende dekade tot ’n styging van 40% in voedselpryse kan lei. Mnr. Vineet Raswant, ’n senior tegniese adviseur vir die internasionale fonds vir landbou-ontwikkeling in Rome, sê hulle meen egter dat stygende voedselpryse nie alleenlik daaraan toegeskryf kan word nie.

“Een van die grootste redes is bloot dat die verkeerde beleide ten opsigte van voedselpryse wêreldwyd gevolg is en word.”
 
Raswant sê ’n meer gebalanseerde perspektief oor die landbou en voedselsekerheid is tans nodig, veral aangesien ’n derde van die aarde se bevolking, of sowat 2,5 miljard mense, regstreeks en onregstreeks vir ’n inkomste van die bedryf afhanklik is.

“Dit is een uit elke vyf persone – dit is dus nie ’n sektor wat ten gronde kan gaan nie, want die ander sektore sal nie dié werkmag kan opneem nie.”
 
Hy meen dat die biobrandstofbedryf ’n regverdige kans gebied moet word, want dit kan die landbousektor met die energiesektor skakel, wat ook verligting vir werkloosheid kan bied en tot groei in al twee bedrywe kan lei.
 
Produsentepryse?
“Een ding wat ons moet onthou is: In ontwikkelende lande is voedselsekerheid reeds vir ’n lang tyd nagevolg, maar die armoede-syfers bly hoog. Ons moet onsself afvra, hoe verlig ontwikkeling armoede deur produsentepryse laag te hou?”

Raswant sê verder die feit dat die voorraad van brandstowwe met ’n fossielbasis aan die afneem is terwyl die prys daarvan bly styg, moet ook nie uit die oog verloor word nie.  
 
Volgens Raswant fokus navorsing tans te min op die verskeie gewasse wat gunstig vir biobrandstof in minder optimale grond verbou kan word. Dié gewasse sluit Japtropha, Simarouba en Salicornia in. Laasgenoemde gewas kan in die woestyn groei en dit gebruik water van die see.
 
Fritsche het ter afsluiting aangedui dat ontwikkelende lande dalk ’n beter kans op oorlewing en vooruitgang kan hê as groter ekonomieë ophou om dié lande se markte met hul produkte toe te gooi en ook van die lande se produkte sou invoer.
 
21 Junie 2011

4.333335
 
 
  • 931 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Die Amerikaanse vlag.
  • Hantering (4)
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction