Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Biobrandstof-sa-boere-kan-voorsien

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Biobrandstof: SA boere kan voorsien

 
Nico van Burick

’n Nasionale strategie vir ’n biobrandstofbedryf in Suid-Afrika gaan voor die einde van die boekjaar die lig sien.

Mnr. Kevin Nassiep, hoofdirekteur van energiebeplanning by die Departement van Minerale en Energie, het in Sandton op ’n biobrandstofkonferensie van die Energie-ontwikkelingskorporasie die tydraamwerk vir die ontwikkeling van só ’n strategie uitgespel. ’n Taakgroep wat in Desember verlede jaar deur die Kabinet aangestel is, is besig om daaraan te werk.

Die taakgroep, wat verskeie staatsdepartemente verteenwoordig, se mikpunt is om ’n strategie voor te stel waardeur werk geskep en die gaping tussen die sogenaamde tweede en eerste ekonomie oorbrug kan word. Werkgroepe is gestig om te kyk na die ekonomiese aspekte, geskikte gewasse vir biobrandstof, interdepartementele skakeling, die betrokkenheid van boere, tegnologiese standaarde, navorsing en ontwikkeling en die benutting van grond.

Nassiep sê die eerste mikpunt is om reeds aanstaande maand ’n besluit te neem oor of die vrywillige of verpligte byvoeging van biobrandstof verder ondersoek moet word. “In Julie sal op die Kabinet se bosberaad oor voorlopige bevindings verslag gedoen word, met aanbevelings oor die pad vorentoe.” Dit sal onder meer handel oor grondbeskikbaarheid, moontlike werkgeleenthede en die kwessie van vrywillige byvoeging teenoor verpligte byvoeging.

In Oktober sal ’n voorlopige strategie aan die Regering voorgelê word, waarna die Kabinet sal besluit. Die implementering van die strategie sal dan waarskynlik in die volgende boekjaar begin.

Nassiep sê die Sentrale Energiefonds en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie ondersoek terselfdertyd projekte wat tot die kommersialisering van biobrandstow-we kan bydra. Daar word voorsien dat uitdagings wat na vore kom in loodsprogramme (wat vroeg volgende jaar begin word) die Kabinet sal help om ingeligte besluite te neem.

“Die meeste staatsdepartemente is daaraan skuldig dat hulle nie beleid in dade omskep nie,” het me. Marjorie Pyoos van die Departement van Wetenskap en Tegnologie gesê. “Ons moet almal die gedagte steun dat vinniger met ’n biobrandstofbedryf gevorder moet word.”

Sy het gesê om sekerheid te kry oor die koers wat die Regering moet inslaan,kan hy ’n les leer by ontwikkelinge in ekonomiese magsblokke, soos die Europese Unie, waar regeringsbeleid die rigting aandui waarin beweeg moet word. “Regerings gebruik beleid om ontwikkeling aan te dryf.”

Beleid toon wat die Regering se oogmerke is en skep dan verwagtinge en die stukrag vir ontwikkeling. Wêreldwyd voer regerings – en nie die begeerte van die bedryf nie – die beweging na skoner energie aan.

Sy het egter ook gesê privaatgedrewe sake-ontwikkeling en breër nywerheidsontwikkeling het gewoonlik ’n beter vooruitsig om volhoubaar te wees. Daar is talle bewyse dat regeringsgedrewe nywerheidsontwikkeling ’n kleiner kans op sukses het. Regerings moet deur beleid ’n ondersteunende rol speel.

Oor haar departement se bydrae het sy gesê daar is onder meer ’n begroting van R120 miljoen (oor ’n tydperk van twee jaar) vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Energienavorsingsinstituut. Die fokus is hoofsaaklik op navorsing oor en die ontwikkeling van hernubare energiebronne. As deel van ’n ander begroting word daar ook gekyk na die bevordering van die tegniese vermoë om biobrandstofprodukte te toets sodat dit aan die nodige gehaltevereistes kan voldoen. Dit word saam met die SABS en die WNNR gedoen.

Sy sê daar is drie belangrike redes vir die Regering om hom sterk vir ’n biodieselbedryf te beywer:

• Dit gaan met werkskepping gepaard.

• Dit help die land om skadelike uitlaatgasse te verminder.

• Dit sal ’n gunstige invloed op die betalingsbalans hê.

0
 
 
  • 1393 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Grondeis bedreig bestaansboerdery
  • Giraffe_small.JPG
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction