|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 11:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Dit is tyd dat Suid-Afrikaners begin punte aanteken met die skitterende sportprestasies van sy sportspanne, -sterre en -geleenthede. Die resessie is verby, die groot sokker is op pad en ’n bloeitydperk lê voor. Dit was die boodskap van dr. Roelof Botha, voormalige ekonoom van die jaar van Sake24 op Aartappels Suid-Afrika se kongres in Bloemfontein.
Hy voorspel dat die Suid-Afrikaanse landbousektor én die hele ekonomie gou die vrugte begin gaan pluk van die styging in die verbruikersbesteding. Botha het gesê die rede vir sy optimisme is die pryssiklus wat geswaai het en die gemiddelde kommoditeitspryse wat tussen 5% tot 30% hoër as ’n kwartaal gelede is.
“Dit het ons nie in die tweede kwartaal uit die resessie laat gaan nie, om die eenvoudige rede ons het nog nie die volumes gehad nie. Die optimisme sal een of ander tyd in die prentjie inkom. Suid-Afrika sit terselfdertyd met die Wêreldbeker-sokkertoernooi en die groot kriekettoernooi (Kampioene-toernooi) wat eersdaags begin. Die Wêreldbeker-sokkertoernooi is ongelooflik groot. Die bemarkingsgeleenthede vir Suid-Afrikaanse produkte, vir toerisme, is fenomenaal.”
22 September 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)