Deur ALANI JANEKE
24 Mei 2012

2326 keer gelees | 13 kommentaar

’n Gyselaarsdrama het hom op Wakkerstroom in Mpumalanga afgespeel ná ’n boer ’n begrafnis op sy plaas wou stopsit.


’n Gyselaarsdrama het hom op Wakkerstroom in Mpumalanga afgespeel ná ’n boer ’n begrafnis op sy plaas wou stopsit.

Luidens ’n berig in Beeld is die 34-jarige mnr. Hendrik Davel van die plaas Sterkfontein Woensdagoggend (23 Mei 2012) aangeval toe hy gaan navraag doen oor die begrafnistente wat sowat 200m van sy huis af opgeslaan was.

Davel het volgens die berig vroeër die week aan ’n afvaardiging van die oorledene se familie gesê sy kan nie op die plaas begrawe word nie, want sy het in Johannesburg gewoon en gewerk.

Sy is Sondag (20 Mei 2012) oorlede. Hy het Woensdag na ’n tent wat by ’n stat opgeslaan was gegaan om ondersoek in te stel.

Met sy aankoms by die tent is hy aangerand en vasgebind. Daarna is hy gedwing om op die oorledene se kis te sit, terwyl foto’s van hom geneem is. Hy is daarna in een van die hutte in die stat aangehou. Davel se 38-jarige broer het hom gaan soek, maar hy is ook aangerand en as gyselaar geneem.

Boere van die omgewing is vinnig na die plaas ontbied en kon die situasie beredder. Met die Polisie se aankoms op die plaas is die broers vrygelaat.

Onaanvaarbaar
Mnr. BP Greyling, ’n boer en bevelvoerder van die reaksiemag in Wakkerstroom se landelike gebied, sê die voorval is heeltemal onaanvaarbaar. Dit is tragies dat só iets gebeur het in ’n gemeenskap wat jare laas ’n geval van geweld op ’n plaas ondervind het. Hy meen dit is onaanvaarbaar dat mense wat nie op plase woon nie, sonder toestemming op ’n plaas begrawe word.

“En dit is nie aanvaarbaar dat ’n mens se regte geskend word wanneer jy navraag doen en ondersoek instel, deur aangerand te word en gedwing te word om met ’n bebloede gesig  - terwyl jy langs ’n kis sit, afgeneem te word nie,” aldus Greyling.

Greyling raai boere in sulke situasies aan om die hulp van die toepaslike owerhede te vra.

“My raad aan boere is om eerder die Polisie en owerhede se hulp in so ’n situasie te vra pleks van om dit op eie stoom te probeer oplos. Al wat kan gebeur as jy dit alleen aanpak, is dat jy jouself daardeur verneder en die risiko loop om die beeld van die hele landbougemeenskap in gedrang te bring.”

Aanklagte van aanranding en diefstal word deur die Polisie ondersoek.

24 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Piet Prinsloo

2012/05/27 05:11:56 PM

Ons moet eers tot bekering kom en dan terug keer na ons vaders se wee so se die Woord ons moet ook terug keer na die 1933-53 vertaling want ons het die Bybel verander in 1983 sodat dit by ons pas ,dan moet ons onder die liberalisme uitkom dan sal als reg kom as ons weer gelowig is.


Onbekende besoeker

2012/05/25 02:01:53 PM

Die boerenasie word as slapgatte bestempel. Ons voorouers het meer as 100 jaar gelede vir n ruk saamgestaan,en toe kom die joiners.Waar is hulle nageslagte vandag? Hulle het grond en vee by die Engelse gekry.


Onbekende besoeker Gawie Botha

2012/05/25 01:39:21 PM

,,,,,,,,,,,,,,Christen mense moet besf dat dit fariseers en heidene onder die dekmantel van Ckristenskap is,,,met die ondersteuning van die regering van die dag,wat besig is om die "Witmens" uit te lok en aan te lok,,,,,,,,,,om n misdaad te pleeg!


Onbekende besoeker

2012/05/25 11:29:38 AM

Plaas op Facebook dat wereld kan sien wat rassimeme is.Hoe moet ons as boere so voortgaan.


Onbekende besoeker

2012/05/25 09:49:01 AM

Hoekom lees ons nie hiervan teen lamppale en op voorblaaie en in die parlement en op elke nuusbulletin en en en en ..... Wie se belang word hier nagestreef. Weet Solidariteit hiervan? Wat van Agri SA of TLU


Saaiboer

2012/05/24 10:10:04 PM

Indien die boer iets doen word hy dadelik gearresteer. Hierdie is 'n rassistiese aanval. Erens kom hier 'n massiewe botsing, en hulle soek daarvoor.


Onbekende besoeker

2012/05/24 06:50:35 PM

Dit is tyd dat ons weer saam staan Soos ons was in die Boere oorlog. Druk ons nasie te ver, dan kyk jy wat Gebeur. Ons het Engeland tot haar knee Gebring. Druk ons weer! Ons is amper op knak punt.


Onbekende besoeker

2012/05/24 06:48:29 PM

Dit is tyd dat ons weer saam staan Soos ons was in die Boere oorlog. Druk ons nasie te ver, dan kyk jy wat Gebeur. Ons het Engeland tot haar knee Gebring. Druk ons weer! Ons is amper op knak punt.


Hannelie Berning

2012/05/24 01:29:33 PM

Dis 'n pot kak die, hoekom word blankes rasiste genoem vir enige ding, maar hul kan maak wat hul wil en boere dood maak soos hul wil en daar word absoluut niks met hul gedoen nie!! Mense moet hulslefbegin reg ruk en opstaan teen die flippen onmenslike goed!


Boeretrots

2012/06/05 03:03:30 PM

Na al wat n boer sy bloed met die swartes sin gemeng het ene hul eie nasate, die kleurlinge, as gedrogte aansien, wil hulle boeretrots nog laat voortbestaan. Plase is in elk geval van die swartes afgevat en nou vat hulle dit maar net wEer teru. Die wittes hardloop landuit, maar die swartes het gebly want dit was tog die enigste land wat hulle gehad het. Na hul apartheid era het die boer net n gemengde nasie, wat hulle self gesaai het oor. Of dit nou met die koi, swartes of enige ander kleure was, het hul bed gemAak, maar in die daglig kon hulle nie hul eie sade erken nie. Kyk uopa ek is n kleurling, jy het my vir die wolwe gegooi, jou eie nasaat. Ek is jou nageslag. Kyk my maar skeef en kkrom aan en maak wette om my weg van jou te hou, maar feit bly staan. Jou bloed bruis deur my are. Wit bloed, wat ek skaam is voor, want jy het jouself verraai, en die wereld lag jou uit want Boere se bloed loop sommer soos vuilwater die land vol.


Hoe nou?

2012/06/05 03:45:16 PM

Nou my liewe mense, as jull al daai oorloe gewen het en n sterke nasie was, hoekom het julle dan sommer n land wat julle nou oor met die bek baklei, wil terug veroower. Met liedjies soos de la rey. sal dit mos amper die arm, ongeletterde wittes se harte na brannewyn warm maak en hul nasietrots laat opswel. Mooi man. Karma..voel ..julle het so gemaak met die swartes, nou kom byt dit julle witgaAie lekker. Seer ne. Sit maar stert tussen die bene, of boer om vir ons kos te voorsien. Dis n vrye keuse.


wat de?

2012/06/05 05:09:45 PM

Kruip terug in jou gat. Die boerenasie sal nooit uitgeroei word nie. Die swartes het probeer, die engelse weer, maar nou sal julle sien. Ons is n nasie van trots. Wat weet julle van biltong, rugby, en boer. Julle sal vergaan van honger sonder ons. Julle sal in die parlement sit en baklei oor tekeningkies en die lande sal oorgroei net onkruid. Kyk na Zimbabwe. Dis ongelooflik hoe daai land uirgeroei was deur die land se eie mense. Ag nee man. Ons wittes is die enigste volk wat die land nog ophou. Jammer vir die ongeluk wat jou oorgekom het broer, dit was onnodig.


se net

2012/07/03 11:47:50 AM

nie alle boere het hulself so verlaag deur te meng met ander kleuriges nie - baie van ons is trots en hardwerkend, as dit nie vir die wittes was nie sou die land nie so goed ontwikkel het nie, ja hoe-nou? - tipes, ons sal boer om vir julle kos te voorsien want dis mos hoe ons is, kan nie verdra dat die arme swartes so swaar kry nie en dit is hoekom julle nogsteeds met gebakte handjies staan, nou nog nie geleer hoe om vir julself te sorg nie, wittes sal voorsien...soos gewoonlik, wat julle nie brand en breek nie sal julle steel, as it nie op straat is nie is dit in die staatsdienste - niks het verander die laaste 20 jaar nie. -Boeretrots- ek is trots oor die bloed in my are en het niks om voor skaam te wees oor my familie nie, en so is al die boere in die land ons is trots, en sal weer - as nodig - saamstaan.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights