‘n 70-jarige boer van die Hoedspruit-omgewing is deur sy kamervenster in sy bed doodgeskiet gedurende 'n plaasaanval. Sup. Ronel Otto, woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Limpopo, sê mnr. Kobus van Staden en Henriëtte, sy 66-jarige vrou, het gisteraand televisie gekyk toe ‘n verdagte hulle gordyn weggetrek en op hulle geskiet het.
Twee skote het Van Staden getref, en hy het vermoedelik aan ‘n skietwond in die nek beswyk. Otto sê Van Staden se vrou het op die aanvallers geskiet, waarna hulle op die vlug geslaan het. Volgens mnr. Braam van der Merwe, ‘n lid van Agri Hoedspruit, het die verdagtes die kamervenster met ‘n graaf stukkend geslaan om op die paartjie te skiet.
Vroeër by die huis ingebreek
Van der Merwe sê die verdagtes het glo vroeër die aand reeds deur die Van Stadens se kombuis die huis binnegedring. “Hulle het ‘n kombuisvenster gebreek en die huis binnegekom. Daar is egter ‘n veiligheidshek in die gang, so hulle kon nie by die slaapkamer uitkom nie. Hulle is toe vermoedelik die huis uit waarna hulle van buite na die slaapkamer geloop het.”
Hy verduidelik dat die televisie se klank hard aan was en die egpaar dus nie gehoor het toe daar by die kombuis ingebreek is nie. Volgens Van der Merwe het boere wat nog patrollie gery het om vrugtediewe vas te trek vinnig op die toneel aangekom.
Niks is gesteel nie. “Die tannie se beursie het op ‘n kassie in die kombuis gelê, maar dis onaangeraak gelaat.”
Groot kommer oor aanvalle
Otto sê die Polisie is tans op soek na ‘n onbekende getal verdagtes. “Ons is nie seker of enige van hulle raakgeskiet is nie, maar daar is nog geen sulke leidrade op die toneel gevind nie.” Die Polisie se honde-eenheid en spoorsnyers fynkam die omgewing.
Intussen sê Van der Merwe daar heers ernstige kommer plaasaanvalle in Limpopo en die res van die land. Hy sê twee van hulle grootste probleme is die groot aantal onwettige immigrante wat van Mosambiek af inkom, asook die afskaffing van die kommandostelsel.
“Ons het ‘n baie goeie kommandostelsel in plek gehad, selfs ons plaaswerkers het veilig gevoel. ‘n Lewe is niks meer werd nie en dis vir dié ouens baie maklik.”
Lees ook:
Plaasmoord ruk die Vrystaat (6 Januarie 2010)
Twee vas oor plaasmoord (7 Januarie 2010)
Plaasaanval by Vaalharts (12 Januarie 2010)
Twee boere per week vermoor (13 Januarie 2010)
Plaasaanvalle duur steeds voort (15 Januarie 2010)
Nóg ‘n boer vermoor (25 Januarie 2010)
Dwelms speel rol by plaasaanvalle (26 Januarie 2010)
5 Februarie 2010
Kommentaar
Dit is vir my onaanvaarbaar dat ons as Suid Afrikaaners uitgebyd word. As dit nou'n wit moordenaar was wat 'n swart boer geskiet het dan was al die koerante vol van "racially motivate killing", maar nou dat dit anders om is dan is dit - 'n rower het 'n boer geskiet.....NONSENS.... Dit was nie 'n rower nie, dit was 'n swart moordenaar wat na die plaas toe gegaan het om een rede - en dit is om Mr v Staden dood te maak. Ons allen het nie 'n stem nie maar as AGRI net wil inkom en se die tipe moorde is nie rooftogte nie dit is blatante rasistiese moorde en dit so ook deur die koerante laat verkondig sal ons wit mense met ons klappe om die oe miskien wakker word. Al uitweg wat ek vir die land sien is dat ons as Christene elke dag sonder ophou vir die land moet bid. Hoeveel Boere moet nog omkom voor die staad iets doen....!
Dit is totaal onaanvaarbaar! Hierdie moorde moet vandag stop. Hoe kry ons die komandos weer terug?
Stuur vir die regering n boodskap wat hul sal verstaan...Betaal geen belasting vir drie maande nie as hulle nog steeds nie wil hoor nie ontslaan alle swart arbeid... nog steeds nie wil hoor nie ...openlike verset,nie teen die staats magte nie ,omseil hulle en gaan reguit unie gebou en kaapse parlement toe (ons weet ook hou om goed aan die brad te steek !).As ons dan verdoem is tot die dood en marteling deur hulle hand ,kom ons kies die slagveld en vat soveel moontlik van die blikslaars en meelopers saam!!
Watter kommentaar kan 'n mens lewer oor die moorde op Hoedspruit,Poortjie,Vaalharts,Fiksburg,Pretoria------------------Bloukrans ens. ?
Die plaasaanvalle is vanselfsprekend ge-organiseerd. Soos een swarte dit gestel het: "die vryheids-stryd gaan voort". In die stad stel die ANC regering ook nie juis belang stel om misdaad te ondersoek nie. Hulle het meer polisie patrollies, maar min misdaad word ondersoek.
Hoe om op te tree tydens ‘n aanval
“Moenie dat jou aanvaller enigsins vrees by jou opmerk nie, bly kalm en rustig”. Swart sê baie boere tree tydens ‘n plaasaanval op een van drie maniere op: Van hulle neem ‘n houding in dat hulle jammer is dat hulle blankes is, en dit gee die aanvaller ‘n gevoel van mag. Sommige laat die aanvaller verstaan dat hulle jammer is dat hulle in die land is, en dit lei ook tot ‘n gevoel van mag. ‘n Derde groep, veral vroue, skrik en skree uit vrees op die aanvallers, totdat die aanvallers breekpunt bereik en beheer verloor.
Hy raai boere aan om twee goed te onthou tydens ‘n aanval. “Moenie eerste ‘n wapen rig nie: Sodra hulle sien jy het ‘n wapen, gaan hulle op jou skiet sonder om vrae te vra. Bly koel en kalm, jy weet mos waarvoor hulle daar is. Wys alle items waarna hulle soek vir hulle uit. As die gemeenskap gemoboliseer is, kan jy jou besittings selfs binne ses ure terug hê”...Nou hoe nou Lukas Swart..."tou josser"!
P.S sorry virri spelling!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)