Deur CORLI VAN DER MERWE
18 Mei 2012

1526 keer gelees | 1 kommentaar

Die boer van Underberg in KwaZulu-Natal wat hondsdolheid onder lede het, mnr. Graeme Anderson, veg al twee weke lank om sy lewe teen dié siekte.


Die boer van Underberg in KwaZulu-Natal wat hondsdolheid onder lede het, mnr. Graeme Anderson, veg al twee weke lank om sy lewe teen dié siekte.

Landbou.com het onlangs berig dat Anderson hondsdolheid opgedoen het nadat hy ’n rondloperhond opgetel en na sy huis gebring het. Volgens ’n berig in Volksblad het Anderson se dokters dié week begin om hom uit ’n geïnduseerde koma te bring. Hy word tans in die Pietermaritzburg-Mediclinic behandel.

Dié jong boer word deur middel van die Milwaukee-protokol behandel wat behels dat mense wat dié siekte opdoen onder diep verdowing geplaas word om die brein kans te gee om teenliggaampies teen die siekte op te bou.

Volgens ’n kenner, prof. Lucille Blumber van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, is dit ál doeltreffende behandeling teen dié siekte.
Daar was tot dusver 97 gevalle van hondsdolheid in diere in KwaZulu-Natal, wat ’n groot uitbreking in die Winterton-Bergville-omgewing insluit.

Lees hier waar dr. Jan van Wyk vertel hoe ’n hondsdol dier ’n mens maklik onkant kan betrap.

Bron: Volksblad

18 Mei 2012
 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2012/05/19 12:14:13 PM

Ek spuit myself vndag my 5de inspuiting met Vero-rab nadat ek n verdagte bees behandel het. En eks netso skuldig aan diere optel wat mense weggooi langs ons teerpaaie. Lekker lag hulle nou vr my- se ek kan nou maar weer honde optel- ek mos nou immuun, ne!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights