|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 11:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
“Ek is so dankbaar ek my man huistoe kan neem. Ek en ons 8 maande oue dogtertjie is baie opgewonde om weer vir Francois by die huis te hê!”
Dit is die reaksie van me. Sharline Marais, die vrou van mnr. Francois Marias, wat verlede week vermoedelik met Slenkdalkoors in die Bloemfontein MediClinic opgeneem is.
Sharline sê volgens Marais se internis was daar spore van Slenkdalkoors in sy bloed, maar dit gaan nou goed met hom. Luidens ‘n berig in Volksblad sê me. Amanda Appelgryn, woordvoerder van die hospitaal, Marais se bloedmonsters is na die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes gestuur en die uitslag behoort Vrydag bekend te wees.
Marias sê talle inwoners in Bultfontein en die omgewing het vermoedelik ook die siekte onder lede, maar sy meen dat dié persone nie ernstig siek is nie. “Daar is geen bevestigde gevalle nie”.
Marais is vermoedelik die tweede mens in die Vrystaat wat Slenkdalkoors opgedoen het, terwyl die siekte onder vee in die omgewing maai. Dr. Stephan Wessels, veearts van die Langenhovenpark-dierekliniek, het ’n week voor Marais ook die siekte opgedoen.
Volgens die berig is meer as 1 000 stuks vee reeds verlede week hier geraak, terwyl die virussiekte ook op Brandfort, Soutpan en Wesselsbron toegeslaan het. By drie boere het sowat 300 van hulle vee oor die naweek weens Slenkdalkoors geaborteer.
Lees ook:
Eerste helfte is verby
Volgens mnr. Jan Pienaar, streekslid van Vrystaat Landbou, is die eerste helfte van die koors-uitbraak in die area reeds verby. “Ons is nou sover, en moet nou net daardeur”. Hy het aan Volksblad gesê: “Dit gaan nie ophou nie. Die siekte moet homself uitwoed. Dit sal voortgaan totdat die eerste ryp geval het”.
Sharline sê die dokters het aan haar bevestig dat die siekte nie van mens tot mens oorgedra word nie, ”so ek en Karlienka kan by hom kuier in die hospitaal”.
Volgens die berig het dr. Jacob Modumo van Onderstepoort gewaarsku dat nog geen entstof vir Slenkdalkoors by mense beskikbaar is nie. Hy sê ’n natuurlike immuniteit sal by mense ontwikkel wat daarvan herstel.
Mense kan Slenkdalkoors opdoen deur besmette muskiete en deur kontak met bloed en ander liggaamsvloeistowwe wanneer siek diere geslag of hul rou melk gedrink en ongekookte vleis geëet word.
Bron:
3 Maart 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)