Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Boer-oortuig-eskom-het-hom-ingeloop

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Boer oortuig Eskom het hom ingeloop

 
Deur THEUNS BOTHA (landbou@mweb.co.za)

Dit is 'n minsame mnr. Neil Buchner (70) van Paterson wat Landbouweekblad vriendelik by sy huis op Aasvo&eumllvlei-landgoed binnenooi. Die eerste indruk is dat hy nie 'n moeilike soort mens is nie.

Selfs as hy uitgevra word oor sy geroei met Eskom die afgelope agt maande, haal hy kalm die dokumente te voorskyn om sy punt te staaf. "Ja, ek is moeg baklei. Die saak kos my al 'n hele paar duisend rand. Die grootste frustrasie is dat die amptenare by Eskom se kli&eumlntediens jou nooit terugbel nie. Jy moet elke keer bel en van voor af die hele storie vertel," sê hy moedeloos.

Buchner, wat met sowat 300 vleisbeeste (Angus by Bonsmara-koeie) op 'n plaas van 671 hektaar by Paterson, neffens die hoofroete tussen die Baai en Cradock boer, se nagmerrie het in Mei verlede jaar begin.

Die kragverbruik vir die twee werkershuise, elk met 'n elektriese warmwatertoestel, elektriese tweeplaatstoof, elektriese ketel, yskas en ligte in vier vertrekke, was 711 kWh in Januarie 2007. Dit was 'n geskatte lesing. In Februarie toe 'n werklike lesing geneem is, het die verbruik tot 341 kWh verminder. Volgens geskatte lesings vir Maart, en April was die verbruik onderskeidelik 540 kWh en 608 kWh.

Toe kom sy skok. In Mei stuur Eskom vir hom 'n rekening van R2 220,06 as sou daar die maand 3 402 kWh in die werkershuise verbruik gewees het.

Rekeningstate wat hy aan Landbouweekblad beskikbaar gestel het, toon dat die skerp styging in verbruik toevallig saamgeval het met die tydperk toe die meter (nr 90773) wat by die werkershuise geïnstalleer is en die vorige maand nog op 98 930 eenhede gestaan het, oorgeslaan het na nul. Op 22 Mei toe dit gelees is, het dit op 2 332 eenhede gestaan.

Buchner kon sy oë nie glo nie aangesien die rekening wat vir die huis en buitegeboue op Aasvo&eumllvlei oor die vyf maande van Januarie tot Mei gelewer is, gemiddeld net 3 925 kWh per maand beloop het waarvoor hy gemiddeld R1 632 maandeliks betaal het. Die huis het egter twee verkoelingstelsels, twee warmwatertoestelle, nege buiteligte van 400 watt, wat snags aangeskakel bly, 'n swembadpomp, drie dompelpompe, 'n elektriese stoof en verskeie ys- en vrieskaste asook kragpunte in die buitegeboue.

"Ek het dadelik Eskom se kli&eumlntediens in die Baai gebel en beswaar aangeteken. Hulle het bloot hul skouers opgetrek en gesê die meterlesing is korrek en dat ek maar moet opdok. "Ek het mnr. Rob Stone minstens ses keer gebel en hom genooi om die plaas te besoek. Sy laaste woorde aan my was dat die "stelsel" die probleem sal uitsorteer."

Nadat Buchner deur middel van sy prokureur 'n brief aan Eskom geskryf het, is 'n tegnikus, mnr. Maxwell February, op 7 Junie na die plaas gestuur. Volgens Buchner het hy erken die meter was inderdaad foutief. Dit is in die teenwoordigheid van mnr. Ronnie Sykes, Buchner se elektrisi&eumln, gesê.

Buchner het geweier om die volle rekening te betaal. Hy het wel maandeliks 'n bedrag van R550 vanaf Junie tot einde September aan Eskom betaal en hulle deur sy prokureur ingelig dat hy eers die uitstaande bedrag sal betaal as die saak tot sy bevrediging afgehandel word. Eskom het toe die krag na die werkershuise in September 2007 afgesluit.

Buchner het hierna 'n boete vir heraansluiting betaal. In November het hy spesiale meters in die werkershuise geïnstalleer wat hom R2 000 stuk uit die sak gejaag het. Sodra 'n gegewe hoeveelheid krag verbruik is, skakel die meters die krag af. In Desember het Eskom 'n nuwe meter op sy plaas geïnstalleer.

Hoewel Buchner 'n versoek aan Eskom gestuur het om hom persoonlik in kennis te stel wanneer hulle mense gaan uitstuur om die lesings te neem, sodat hy dit saam met hulle kan kontroleer, het dit tot dusver nie gebeur nie.

Landbouweekblad het ook met mnr. Moses Dube (35), wat van Zimbabwe kom en reeds 'n jaar op die plaas werk, gesels. Hy het heftig ontken dat hy ooit die krag misbruik het of die stoof dag en nag aangelaat het. Hy besit ook nie 'n verwarmer nie. "Ons kom baie goed reg sedert die krag gerantsoeneer word en het nooit 'n tekort nie," het Dube benadruk.

Mev. Louise Buchner wat al die korrespondensie en onderhandelinge met Eskom gehanteer het, sê sy het breekpunt bereik. "Die hele petalje het ons meer as R6 000 uit die sak gejaag plus R7 000 se kragkoste wat ons te veel aan Eskom moes betaal.

"Ons grootste teleurstelling was dat niemand van Eskom se kli&eumlntediens ooit die plaas besoek het om hul persoonlik van die saak te vergewis nie. Selfs nadat gerapporteer is dat 'n foutiewe lesing geneem is, moes ons maar betaal. Eskom beskou homself as onaantasbaar," kla sy.

Eskom ontken skuld
Landbouweekblad het die beweringe van mnr. Neil Buchner na die kli&eumlntediens van Eskom se streekkantoor in Port Elizabeth verwys.

Die volgende antwoord is ontvang:
In Junie 2007 het die Buchners gekla oor die verbruik van Tein97 (werkershuise). Die lesing en die meter is deur ons kontrakteur en tegniese mense ondersoek en die terugvoer wat ons ontvang het, het bevestig dat die rekening korrek is.

 

  • Eskom het gereeld terugvoer gegee aan die klant en het volledige rekords van kommunikasie met hom sowel as sy prokureur.
  • Daar is aanbeveel dat hy aansoek doen om 'n toetsmeter teen 'n koste van R415, wat terugbetaal sou word as bevind is dat die meter foutief was. Dié opsie is egter nie deur die Buchners uitgeoefen nie.
  • Buchner het nie die voorwaardes van sy elektrisiteitsvoorsieningskontrak nagekom nie en het dus met sy elektrisiteitsrekening agterstallig geraak.
  • Ná verdere kommunikasie met hom is die meter verwyder om getoets te word en om te bepaal of dit foutief was al dan nie.
  • Hy is welkom om die saak steeds regstreeks met Eskom te bespreek as hy dit sou verkies. Ons moedig altyd gesprekke tussen Eskom en klante aan.

    Buchner erken dat hy geweier het en om 'n toetsmeter te laat installeer. "Ek was só oortuig die meter of die lesing wat geneem is, is foutief, dat ek uit beginsel daarteen besluit het. Buitendien het mnr. Maxwell February, wat deur Eskom uitgestuur is, toegegee dat die lesing foutief was. Ek het my les geleer. Met Eskom weet jy nie, selfs al was dit hul fout, of hulle ooit weer jou geld gaan terugbetaal nie," sê Buchner.

    Landbouweekblad, 22 Februarie 2008

1
 
 
  • 1847 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Bolplante
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction