|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 11:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Twee vermeende koperkabeldiewe, wat glo ’n boer van Marble Hall in Limpopo met ’n slagtersmes wou aanval, is geskiet.
Luidens ’n berig in Beeld (22 Februarie 2012) is die twee mans met ’n haelgeweer geskiet, waarna hulle in ’n plaasdam geval het. Albei mans is dood.
Die 40-jarige mnr. Lucas Terblance van die plaas Toitskraal sê: “Hulle wou my aanval. Toe skiet ek hulle. Daar word elke dag ’n boer doodgemaak.”
Diefstal
Terblanche boer met tabak, groente en suurlemoene. Hy sê hy het al derduisende rande se skade weens koperkabeldiefstal gely. Hy is omstreeks 02:00 deur veiligheidswagte op sy plaas in kennis gestel dat die twee mans besig was om kabels by ’n waterpompstasie naby ’n dam uit te grawe.
Terblanche is met sy haelgeweer na die dam toe. Die mans het glo met ’n mes op hom afgestorm toe hulle hom sien. “Hulle was sowat 5 m van my af. Ek het albei in die nek geskiet.” Die gewonde mans het glo geval en van die damwal af in die water gerol.
Lt.kol. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê twee moordsake is geopen. Nadoodse ondersoeke sal vasstel of die mans weens die skietwonde dood is of verdrink het. Die Direkteur van Openbare Vervolging sal bepaal of Terblanche vervolg gaan word.
Bron: Beeld
22 Februarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Hulle sal nou nie weer kabels steel nie dit is al taal wat hulle ken.
Daar is der duisende arm mense in die land wat elke dag honger ly beide blank, swart en anders kleuriges, almal burgers van n mooi Suid Afrika. Dit is tyd dat ons wakker skrik en besef dat ons n stryd voer teen n mag wat nie eers bekend was in die tye van ons voorvaders nie. Ons politisie praat en praat en niks daadwerkliks word gedoen om die boere te beskerm nie, daardie "boer" wat die selfde kos wat vir wit Suid Afrikaners kweek ook vir die Swart Afrikaaners op die lande bewerk. Hier en daar is daar instansies wat omgee, en ek dink byvoorbeeld aan Agriforim Dankie aan julle, ek is maar n klein "Boer" maar het die hart van enige "grote" daarbuite Dit het tyd geword dat ons ook in groot getalle begin betoog vir dit wat ons in glo en nooit voor skaam hoef te wees nie. Geweld is nie nodig in alle gevalle nie maar daar kom n tyd wat n Man sy man moet staan en ons wil graag positief bly in die land maar dit kan partymaal maar moeilik wees. Daadwerklike stappe moet gedoen word veral in die beskerming van ons Landbou boere.
Hoopende dat my skrywe iemand sal inspireer om n verskil te maak aan die situasie in ons mooi land
Boere Groete
Nick
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)