Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Boer-van-die-jaar-oorleef-aanval

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Boer van die Jaar oorleef aanval

 
Deur THEUNS BOTHA
Mnr. Arthur Rudman en sy vrou Trinette. Foto: THEUNS BOTHA
Mnr. Arthur Rudman en sy vrou Trinette. Foto: THEUNS BOTHA

’n Voormalige Oos-Kaapse Boer van die Jaar, mnr. Arthur Rudman (66), en sy vrou, Trinette, het ’n noue ontkoming gehad toe hulle in ’n plaasaanval deur vyf rowers oorval en beroof is.

Rudman is ’n bekende in internasionale jagkringe en boer op die plaas Blaauwkranz by Uitenhage. Hy is in die bobeen gewond en sterk in die Nedcare Cuyler-hospitaal op Uitenhage aan.

Die koeël wat sy hoofslagaar rakelings gemis het, sit nog in sy lies. Volgens hul seun, Francois, is sy ouers oorval nadat hulle Saterdag omstreeks 21:15 tuisgekom het.

"My ma het die huis binnegegaan om dit oop te sluit. Die gewapende rowers het my pa gekonfronteer toe hy die motor gaan bêre. Toe hy gil om my ma te waarsku, het een van die rowers hom in die bobeen gewond en met die kolf oor die kop geslaan.

"My ma het vermoed my pa kry ’n hartaanval en het uit die huis gestorm. Die rowers het haar aan die hare gegryp en die huis ingedwing. Hulle het daarop aangedring dat sy die kluis oopsluit en het met ou wapens, juwele en geld ontvlug."

Mev. Rudman het haarself in een van die kamers toegesluit en haar seun en die polisie gebel. Hoewel geen verdagtes nog aangekeer is nie, het Rudman jr. die polisie geloof vir hulle vinnige reaksie.

"Omdat ons lankal ’n aanval verwag het, was my ouers goed voorberei. Die feit dat hulle koelkop gebly het, het waarskynlik hul lewe gered."

’n Beloning van R20 000 is uitgeloof vir inligting wat tot die rowers se inhegtenisneming sal lei.

14 November 2011

4.916665
 
 
  • 2081 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Onbekende besoeker 
15 Nov 2011 07:04

Sterkte aan u en baie dankie dat die Here u lewens gespaar het teen gewetenlose monsters! Dit is die Diuwel wat losgelaat is en die goed wat hulle mense noem net wil moor en verkrag. Nogmaals sterkte en gou gesond word

  • antwoord
Deon Geyer  
14 Nov 2011 13:13

Baie sterkte aan Arthur en sy gesin . Dankbaar dat 'n groot gees in die boerdery gespaar is en dehoue sal bly

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Skilpad dieet
  • Finansiering vir 'n eenmansaak
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction