Boer vas oor veediefstal

 

‘n Boer en slaghuiseienaar van Stutterheim, mnr. Shaun Iverson, is in hegtenis geneem vir vermeende veediefstal. Hy word daarvan beskuldig dat hy ses beeste uit ‘n beweidingskamp naby Mlungisi gesteel het.

Die betrokke beeste is luidens ‘n berig in die Dispatch Online blykbaar deur die Oos-Kaapse veediefstaleenheid by ‘n slagplaas in Queenstown ontdek. Kapt. Melchezedek Rute van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Oos-Kaap se veediefstaleenheid meen ‘n sindikaat is in die omgewing werksaam, maar dat meer verdagtes vandeesweek vasgettrek sal word.

Iverson en twee van sy werknemers is vroeër vandeesmaand ook op aanklagte van veediefstal in hegtenis geneem en het in Stutterheim se magistraatshof verskyn en Iverson is op borg vrygelaat. Dié saak is tot 19 Februarie uitgestel.

“Hy sal na verwagting weer vandag in die hof verskyn,”sê kapt. Thozama Solani, woordvoerder vir die Polisie. Iverson sal ook in aanhouding bly terwyl die saak verder ondersoek word en nog slagplase bekyk word.

Bron:
Dispatch Online

15 Februarie 2010
 

5
 
 

Kommentaar

Butchvan Blerk 

Indien die slaghuiseienaar skuldig is en die diere vermink is, moet dit as verswarende omstandighede teen die diewe aangevoer word.

Veeboer 

Ek hoop van harte dat die boer en slaghuiseienaar onskuldig is.
Maar indien hy skuldig bevind word moet van hom 'n voorbeeld gemaak word. 'n Wolf in skaapklere is die laaste ding wat ons in die land nodig het. Mag reg en geregtigheid geskied!

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.