|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 11:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Met al die grond wat vir die uitbreiding van kommunale gebiede en die Namakwa Nasionale Park gekoop word, is boere in Namakwaland bekommerd oor die invloed daarvan op dié streek se ekonomie.
In sy beskrywingspunt op die jaarvergadering van die Namakwaland-Boere-unie het mnr. Gert Gagiano van die Kamieskroon-Boerevereniging gesê net 51 % van die totale oppervlakte van Namakwaland is nog in die hande van kommersiële boere. Hoe minder grond beskikbaar is vir die uitbreiding van kommersiële boerdery of die vestiging van nuwe boere, hoe kleiner is die streek se boerdery-inkomste, hoe minder heffingspligtiges is daar, en hoe minder geld is beskikbaar om infrastruktuur in stand te hou, het hy gesê.
"Ons het niks teen die herverdeling van grond nie, maar dan moet onbenutte grond op 'n grondslag van enkeleienaarskap aan opkomende boere verskaf word sodat daar meer boere kan kom."
Hy het gesê dat boere nie die pryse wat SANParke (Suid-Afrikaanse Nasionale Parke) bereid is om te betaal, kan bekostig nie, en voorgestel dat grond nie verder verkoop word sonder dat 'n deeglike studie gemaak is van die impak daarvan op die ekonomie en inwoners van die streek nie.
Mnre. George Cloete en Japie van Reenen van die Komaggas-Boerevereniging, wie se families reeds geslagte lank op kommunale grond in die weste van Namakwaland boer, is eweneens bekommerd dat die afname in boerderygrond die visie vir opkomende boere kan kortwiek. Hulle voel vasgekeer in die kommunale stelsel en sê die grond wat die Departement van Grondsake bygekoop het, is nie genoeg of van 'n goeie gehalte nie. Die terugkeer van afbetaalde mynwerkers na kommunale gebiede plaas verdere druk op die grond.
27 Desember 2002
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24