|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 11:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Dit gaan nog goed met die landbou, want probleme haal die beste uit boere, sê mnr. Chris Rossouw, Landbouskrywers SA se Boer van die Jaar in 2007.
Daarom beskou hy elke boer wat nog op sy grond is en 'n boerdery bedryf, as 'n boer van die jaar. "Net die wakker boere is nog op hul grond - die res het lankal padgegee," het hy gesê. "Ongelukkig het kleiner boere ook in die proses verdwyn, want 'n boer wat wil vooruitgaan, moet aanhou groei, anders haal inflasie hom in."
Hy het sy boerdery se sukses en aanwysing as wenboerdery toegeskryf aan die feit dat hy en sy vier seuns na ander bedrywe uitgebrei het. Produksiekoste het baie gestyg, gevolglik moet 'n boer nou nóg beter as voorheen boer. Hul boerdery het ook nie die stygings vrygespring nie.
Ten spyte van stygende koste raai Rossouw sy medeboere aan om optimisties te wees, want as hulle pessimisties ingestel is, sal hulle nie lank meer op hul grond kan oorleef nie.
Lees doe volledige artikel in Landbouweekblad se uitgawe van 7 November 2008.
6 November 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24