Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Boere-en-verbruikers-se-stem-gehoor

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Boere en verbruikers se stem gehoor

 
ISABEL STOLTZ

Indringende vrae oor die geweldige gaping tussen die pryse wat boere vir hul produkte kry en dit wat verbruikers daarvoor betaal, is gevra op die kongres van Noordwes se Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) op Lichtenburg.


Teleurstelling is uit verskeie oorde uitgespreek dat die komitee wat kospryse moniteer nie die kongres bygewoon het nie.


Die kongres het die verbruiker as 'n vennoot in die rooivleiswaardeketting bespreek. Aandag is ook gegee aan die waarde van saamstaan om boere en verbruikers se stem harder te laat hoor oor sake wat hulle raak. Die kongres meen meer geleenthede moet geskep word waar die verbruiker en die boer om een tafel bymekaar kom en probleme bespreek.


Boere wou weet waarom dalende produsentepryse nie aan verbruikers deurgegee word nie. Van verbruikerskant was daar vrae oor die geweldige hoë pryse wat op grondvlak vir basiese kosprodukte, soos vleis, betaal word.


Me. Ina Wilken van die Nasionale Verbruikersunie het gesê dit blyk uit 'n ondersoek dat boere in Desember verlede jaar sowat R18/kg vir A-graad karkasse ontvang het, terwyl verbruikers in kettingwinkels vir sekere snitte tussen R76/kg en R94/kg moes opdok. "Ek hoop die komitee wat pryse moniteer is wawyd wakker en kyk na waar die werklike probleme lê."


Boere het daarop gewys dat hulle prysgewys beboet word ten opsigte van klassifikasie van karkasse , maar dat verbruikers nie ingelig word oor die gradering wat hulle koop nie en dat hulle bloot op sig- en pryswaarde hul keuse maak.


Mnr. Giel Theron, voorsitter van die Noordwes RPO-tak, sê daar kan heelwat vrae gevra word oor die waarde en nut van 28 verskillende klasse van vleis as die verbruiker oor die toonbank net een klas, nl. vleis, koop. Hy weet nie van mense wat aandring op A2-maalvleis nie.


Me. Wilken meen die rooivleisbedryf skenk nie genoeg aandag aan die bemarking van hul produk nie en benut nie die reklamewaarde van feite, soos dat rooivleis 'n uitstekende bron van vitamien B12, is nie.

4 April 2003

0
 
 
  • 1393 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Teenvoeter vir Johne
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Daaglikse Nuusbrief (edition 212)
  • Invoere - bangkrot Boere
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction