|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 11:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Drie boere van Schweizer-Reneke in Noordwes het 124 nuwe trekkers en drie selfaangedrewe gewasspuite teen sowat R95 miljoen gekoop.
Dit is moontlik die grootste enkele trekkertransaksie ter wêreld aan kommersiële boere. Sover bekend, was daar nog nie vantevore só ’n groot transaksie waarby ’n maatskappy – of selfs ’n regering – die koper was nie.
Die drie boere, mnre. Dirk Fourie, sy swaer, Pieter van Zyl, en dié se seun, PG, het elk hul eie boerdery, maar hulle doen aankope van produksiemiddele saam om ’n beter prys te beding. Dít het hulle gedoen toe hulle die Case-trekkers en gewasspuite by Northmec gekoop het.
Boere koop saam
Die transaksie het bestaan uit 29 Magnum 340-trekkers wat 250 kilowatt lewer, 50 MX Maxxum 125-trekkers wat 93 kW lewer en 45 JX 95-trekkers wat 72 kW lewer, asook drie selfaangedrewe gewasspuite. Pieter van Zyl het op die amptelike oorhandiging namens die boere aan Landbouweekblad gesê hulle koop al lank saam.
Sowat tien jaar gelede was hul transaksie vir 35 nuwe Case-trekkers ook die grootste in die geskiedenis. Al drie boerderye is hoofsaaklik op mielieproduksie toegespits, maar hulle verbou ook sonneblomme en grondbone in hul wisselboustelsel.
Hulle bewerk saam sowat 18 000 ha grond. Hulle het vanjaar vanaf ’n sesryna ’n agtry-bewerkingstelsel met die mielies oorgeskakel. Daardeur bespaar hulle arbeid Die nuwer tegnologie werk suiniger met diesel en onkruid word doeltreffender bestry.
Besparing
Hulle het ook die rywydte vir al drie gewasse op 0,91 meter (drie voet) gestandaardiseer en al hul werktuie verander om daarby aan te pas, wat ’n groot besparing aan arbeid teweegbring. Voorheen is die mielies in rye van 1,8 meter (ses voet) en die sonneblomme en grondbone in rye van drie voet geplant.
Van Zyl het die nuwe trekkers as dubbeldoeltrekkers beskryf, want hulle het weggedoen met reusagtige trekkers wat hoofsaaklik vir grondbewerking gebruik word. Die nuwe trekkers word vir meer take aangewend en word dus doeltreffender benut.
Mnre. Paul Viljoen en Kobus Olwagen, onderskeidelik bemarkingsdirekteur en stroperspesialis van Northmec, sê hulle het ’n nuwe takkantoor met ’n werkswinkel op die dorp geopen om seker te maak die boere kry die beste diens.
3 Februarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Baie geluk met julle nuwe trekkers
Ek het 'n 1958 Massey - wil hulle hom nie dalk ook koop nie.
En die boere maak geen wins nie, dit is die middelman wat die wins maak?
Kan dit byna nie glo,hoor net hoe swaar die boere kry en swak oeste,skade ens,maar as daar nog goeie boere is is dit pryswaardag,doen so voort.
baie geluk. wens ek kan een van jul ou trekkers kry wil ook graag boer
jy't 'n keuse, stress oor wat die toekoms inhou, of laat die toekoms gebeur. 10jr terug het hulle 'n kans gewaag, nou weet hulle hul plan gaan werk. laat ons almal positief wees soos hulle. duidelik het hulle nie tyd om te sit en tob nie en hulself negatief te maak nie. Olivier, in pta-danville is ook ouer mense met staats toelae, hulle kla nooit, tot my ma en pa se dood daar, het hulle groente geplant, my ma het voorskoote en naaldwerk gedoen om inkomste aan te vul, anner tannies maak konfyt ens, nie dat ek nie meegevoel vir jou het nie, maar as jy so besig bly, het jy nie tyd om oor die swaarkry te kla. beide was ver oor 70, met my pa wat jare swaargekry het met kanker. ons volkie moet die kla kultuur laat vaar. hierdie boere het welliswaar nie erge finansieele probleme, maar soos Elardus gesê het, dink aan die drywers en diesel ens ens, dan kan hulle rede vir klagtes soek as hulle wou. waarskynlik bid hulle daagliks, alk meer as een keer per dag, en dan nie net virdie kos nie, maar leiding ook. Op die plaas waar ek gewerk het het ons van 6 in oggend tot 5 saans gewerk, maar menige aande tot 8 agv arbeiders ens. As jou kop kussing vat slaap jy, jy dink net waat jy more weer moet doen. het nie tyd oor vir dit wat jy nie het nie.Ek self is finansieel kruppel, maar ek put gweldig krag uit mense soos die wat bly vorentoe beur, eendag, gaan niemand van ons kla. hoop almal het n wonderlike dag
Dis wonderlik om sulke nuus te lees van my grootword dorpie. Baie geluk en mag jul lande vol suksesvolle oeste maak.
genugtig, dink nou as hul almal groen was!geluk kerels,hoop hul verskaf jul groot vreugde!
Dis nou mooi, veels geluk.
Sterkte! Hoop die trekkerdrywers is goed geskool en daag elke dag op veral op Maandae in planttyd!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)