|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 11:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Boere van Piketberg is “verbyster en teleurgesteld” oor die Departement van Minerale Hulpbronne se goedkeuring van prospekteerregte in die gebied.
Dit is ook ’n ekologies-vatbare en produktiewe landbou-gebied aan die Weskus. Hulle gaan daarteen appelleer. Die departement het toestemming aan Bongani Minerals gegee om op dele 1 en 13 en die oorblywende deel van deel 6 (’n deel van deel 2) van die plaas Namaquasfontein (nr. 76) en deel 1 van plaas nr. 297 te prospekteer vir goud-, wolfram-, molibdeen-, koper-, sink- en silwererts.
Dit kom ten spyte van ’n stryd deur grondeienaars, inwoners en omgewingsbewustes om dit te keer. Die gebied waar die prospektering gaan plaasvind, huisves Verlorenvlei, een van die belangrikste waterbronne in die Sandveld.
Geen vergaderings
Dr. Bennie van der Merwe, grondeienaar en voorsitter van die Verlorenvlei-koalisie, sê hulle is teleurgesteld dat die regte toegestaan is.
“Daar sal geen vergaderings hoegenaamd wees nie. Ons as grondeienaars en lede van die koalisie het reeds ons regsverteenwoordigers opdrag gegee om teen die goedkeuring te appelleer. Ons verwag om dit te wen, want die politici is nie veronderstel om met die regsproses in te meng nie.”
Van der Merwe sê hul stryd teen die mynmaatskappye het die omgewing al “miljoene der miljoene rande” gekos. Die waarde van eiendom het dramaties afgeneem en nuwe aanplantings word nie gemaak nie, wat werksverliese meebring. Hul regskoste beloop al bykans R1,5 miljoen.
15 Julie 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Die tragedie van die verhaal is dat so 'n myn 'n leeftyd van tussen 15 en 20 jaar het. Indien die myn sou voortgaan, sal die inpak wat dit op die omgewing en sy mense het vir die volgende 200 jaar gevoel word.
Die ander tragedie is dat die mense wat die prospekteerregte wil bekom die regte net weer aan 'n ander party (China) wil verkoop. Hulle maak geld uit die verkoop van die prospekteerregte en stap dan weg met geen verpligtinge teenoor die omgewing of sy mense nie.
Moutonshoek en meer spesifiek die Krom Antonierivier is verantwoordelik vir 80% van Verlorenvlei se vars water. Sonder die Krom Antonie se vars water sal Verlorenvlei verbrak. As die Verlorenvlei verbrak gaan die Sandveld soos ons dit vandag ken nie meer bestaan nie. Die myn word beplan in die opvangs gebied van die Krom Antonierivier.
Die mense wat in posisies is om die regte besluite te maak oor ons omgewing, gee nie om vir die omgewing nie, maar gee meer om vir hoe vol hulle eie sakke is, en hierin lê die grooste tragedie van alles!
Dit is in gevalle soos die mynregte-toekenning in Verlorenvlei dat ek besef dat 'demokrasie' weereens net in naam daar is.
Vir die gewone mens op straat, wat die 'besitters' van ons land is, beteken dit niks. Die oomblik as die regerende posisies gevul is, het die res van die mense geen sê nie.
Ek wil graag ook simpatiseer met en dankie sê aan die boere in ons land wat ten spyte van al hul finansiële probleme nog bereid is om kostes te betaal vir bewaring van hul omgewing.
Christa le Roux
Stompneusbaai
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)