Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Boere-raadop-oor-swak-pad

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Boere raadop oor swak pad

 
Deur NICO VAN BURICK

Was dit nie vir die motorongelukke en honderdduisende rande se skade nie, sou mense seker daaroor kon lag, sê boere oor die pad tussen Wesselsbron en Makwassie.

Die pad wat dié dorpe verbind en veronderstel is om een van die hoofroetes tussen die twee provinsies te wees, is só gedaan gery dat motoriste al maande lank eerder langs die pad ry. Sommige motoriste soek nou selfs ander roetes tussen plase deur.

Eerder grondpaaie...
“As mense begin grondpaaie soek om ’n teerpad te vermy, moet jy weet hoe swak daardie pad is,” sê mnr. Gideon Koegelenberg, voorsitter van Makwassie se boerevereniging.

“Wat sake nou nóg erger gaan maak, is as die reën kom. Nou kan ’n mens nog óm die gate probeer ry, maar as hulle vol water is, is jy verlore.” Die boere sê van die stuk pad van sowat 35 km tussen Makwassie en die Vaalrivier is daar eintlik net sowat 4 km wat rybaar is.

Mnr. Frikkie Kirsten, ’n graanboer wat langs die pad boer, sê hy het gedurende oestyd meer as R70 000 opgedok om beskadigde voertuigbande te vervang. “Ons het op eie koste al vier keer self die slaggate met grond opgevul, maar dit hou nie lank nie.”

Vragmotor-as daarmee heen
Hy sê van die slaggate is só erg, dat die vooras van een van mnr. Boeta Grobler se vragmotors afgebreek en die vragmotor in sy landery beland het. Ds. Hans Barnard, NG leraar op Makwassie, het ook deurgeloop.

“Ek het een aand in Februarie deur ’n slaggat gery wat R70 000 se skade aan my voertuig aangerig het. Nou vermy ek die pad heeltemal en ry eerder ’n 104 km draai deur Bothaville as ek Bloemfontein toe gaan.” Mnr. William Dunhin, die man wat by die boerevereniging met paaie belas is, sê hy praat bykans weekliks met mense by die paaiedepartement.

“Die padinspekteur, mnr. Frans van der Merwe, probeer sy bes, maar sy hande is ook afgekap. Die padskrapers waarmee hulle die grondpaaie probeer red, dateer uit 1964 en baie keer is hulle stukkend of daar is nie diesel beskikbaar nie.”

Volgens Van der Merwe sal die pad sowel as die pad tussen Wolmaransstad en Schweizer-Reneke in die volgende boekjaar herbou sal word.

18 November 2011

5
 
 
  • 1168 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Teenvoeter vir Johne
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Watter hond is die beste geskik?
  • Waterblommetjiebredie
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction