Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Boere-sal-kennis-deel

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Boere sal kennis deel

 
NICO VAN BURICK

Sowat 93 % van kommersiële boere sal bereid wees om hul kennis en ervaring met ontwikkelende swart boere te deel.


Dít blyk uit 'n telefoniese opname wat die maatskappy Research in Action in die grootste deel van die land onder 400 kommersiële boere gedoen het. Volgens dié opname het 60,5 % van alle boere geen twyfel dat boere in hul omgewing hul kennis en ervaring sal deel nie en 'n verdere 32,8 % sê boere sal dit moontlik doen.


Net 2 % meen dat boere nie bereid sal wees om te help nie en 'n verdere 3,5 % sê hulle weet nie.


Die telefoniese onderhoude is in November en Desember deur Markinor met kommersiële boere in al die provinsies buiten Gauteng, die Noord-Kaap en Noordwes gedoen.


Oor boere se geesdrif oor die toekoms van die landbou in Suid-Afrika het sowat 56 % bogemiddelde vertroue in die toekoms. Op 'n glyskaal van 1 tot 10 was 9 % uiters negatief en ook 9 % uiters positief. Engelse boere was meer optimisties oor die toekoms as Afrikaanse boere.


Op 'n vraag oor wat nodig is om 'n suksesvolle landboubedryf te verseker, het die meerderheid respondente pryse beklemtoon. Meer as 34 % het gesê beter pryse vir produkte, laer insetpryse, groter mededingendheid en 'n gunstige wisselkoers is die waarborg vir sukses.


Wat diensverskaffers betref, is goeie diens en gehalteprodukte as baie belangrik uitgesonder. Wat die Regering betref, word 'n landbouvriendelike regering as baie belangrik geag. Sowat 10 % meen die Regering se steun is onontbeerlik om 'n suksesvolle bedryf te verseker.


Buitefaktore wat uitgesonder word, is 'n gunstige klimaat, veiligheid en bestendigheid op plase.

27 Februarie 2004

0
 
 
  • 1568 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Teenvoeter vir Johne
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Besetters moet weg van Walmansthal
  • Wildspastei uit die Camdeboo
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction