|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 11:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Boere in die belangrikste somerreën-produksiegebiede is ver agter met hul plantery weens die reën wat net nie wil val nie.
Hoewel boere in die grootste deel van die oostelike produksiegebied, veral Mpumalanga, so te sê klaar geplant is, kon bitter min boere in die Vrystaat en Noordwes nog ’n pit in die grond sit.
Nog net 'n vyfde geplant
Mnr. Johan van den Berg, klimatoloog van Santam Landbou, raam dat sowat 90% van Mpumalanga se aanplantings afgehandel is.
Van die totale beoogde oppervlakte landwyd was egter teen 16 November net so ’n vyfde tot ’n kwart geplant, meen hy.
Dit is veel minder as die 50% tot 60% somergraan wat in ’n gewone jaar teen dié tyd geplant is. Van vroeë mielies, wat vanaf so vroeg as Oktober geplant word en gewoonlik ’n opbrengs van 10% tot 15% meer as die later mielies lewer, het nie veel van gekom nie.
La Niña-neiging
Van den Berg sê die laat reën is tipies van ’n La Niña-neiging, soos tans heers. Hy benadruk dat daar nog geen krisis is nie. Die sentrale streek se boere kan nog tot Kersfees of selfs bietjie later plant.
Toestande ten gunste van reën is aan die verbeter, sê Van den Berg.
Hy verwag neerslae vanaf die laaste helfte van November in die oostelike produksiegebiede wat teen Desember na die Vrystaat en Noordwes se mielieproduksie-gebiede behoort uit te brei.
Teen Januarie behoort dit na die westelike deel van die land te beweeg.
21 November 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Mielies ook skaars in VSA. Voerkrale betaal premies net om dit in die hande te kry. Ongelukkig styg saad en kunsmis pryse so vinnig met beter mielie prys dat mielies se insetkoste te hoog begin raak vir volgende jaar, so meer sorghum en sojas vir ons....Ergste droogte in geskiedenis ook nog nie gebreek nie, so profiel op ruslande baie swak.
Ons aanplantings het wel ver gevorder in die Ooste, maar daar is BAIE pitte wat in droë grond vir reën lê en wag en baie hektare wat reeds op is, maar waar die plantestand gladnie goed is nie. In ons distrik is daar vroeë mielies wat vrek, sojabone wat besig is om te knak en lande wat beslis oorgeplant moet word.
Ons huidige lae mielievoorrade + droogte = GROOT MOEILIKHEID.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)