|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 11:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Sasol Nitro sal skadevergoeding oorweeg aan kliënte wat benadeel is deur die kunsmisdebakel waarby sekere van sy werknemers betrokke was.
Sasol is reeds ‘n boete van R251 miljoen vir dié onmededingende gedrag opgelê.
Agri SA sê in ‘n nuusverklaring handelspraktyke in die kunsmisbedryf met Sasol Nitro bespreek, spesifiek om agtergrond oor die mededingingsondersoek en die gepaardgaande boete van R251 miljoen wat opgelê is, te bekom.
Sasol Nitro het aan Agri SA bevestig dat hy in 2008 ‘n in-diepte ondersoek na handelspraktyke geloods het. Met behulp daarvan wil hulle herhaling van só ‘n oortreding voorkom en dat stappe teen die betrokke werknemers geneem is.
Luidens die verklaring het Sasol Nitro bevestig dat hy onderneem om vergoeding aan kliënte, wat benadeel is deur dié onmededingende gedrag, te oorweeg. Geen riglyne is egter hiervoor neergelê nie, en elke saak sal op meriete hanteer word. Die maatskappy is reeds met verskeie landbou-organisasies hieroor in gesprek. Geen sperdatum is aan dié oorweging gekoppel nie.
Agri SA sê hy begryp dat die boete nie verband hou met moontlike skadevergoeding nie, maar produsente, met die nodige motivering, kan dié saak met Sasol Nitro opneem.
17 Februarie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)