|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 11:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Boere wat weens mnr. Julius Malema se uitlatings die land wou verlaat, het dit reeds gedoen.
Só reken dr. Theo de Jager, onder-voorsitter van Agri SA.
“Hierdie tipe uitlatings en druk is nie iets nuuts nie. Boere wat daaroor wou hardloop, is lankal reeds weg,” aldus De Jager.
Volgens De Jager het hulle nié ná Malema se jongste uitlatings ’n vlaag oproepe ontvang van benoude boere wat die land wil verlaat nie.
Afrika meer aanloklik
De Jager sê wat wel nou ’n moontlikheid is, is dat boere wat vroeër na ander Afrika-lande gekyk het om bloot hul bedrywighede daarheen uit te brei, dit nou kan oorweeg om na dié lande uit te brei met die opsie om daar te gaan woon.
Die wildbedryf en eksotiese vrugtebedryf is veral gewild.
“Ons kan nie voorbly met navrae oor uitbreiding na Mosambiek, Zambië en die Kongo nie. Ons sal nog grondooreenkomste in die Kongo moet aangaan om nog mense te akkommodeer,” vertel De Jager.
Lees hier oor die stigting van AgriSAMoz.
Waarskuwing en naïwiteit
De Jager sê die verskuiwing van ’n aantal verwerkers na ander Afrika-lande moet as ’n waarskuwing vir die Regering dien wat onverantwoordelike uitsprake betref.
“Die meeste van hulle is van die buiteland – Israel, Holland en Duitsland. Hulle bedryf byvoorbeeld atjarfabrieke. Die meeste van hulle kry steeds hul produkte van Suid-Afrika, maar hulle kan verskaffers nader aan hulle kry, wat ’n knou vir die land se inkomste en werksgeleenthede kan beteken,” sê De Jager.
Hy sê die mate van naïwiteit van gemeenskappe en van die arbeidswêreld oor die invloed van mense wat die land verlaat, is ook kommerwekkend.
Lees hier 'n leser se ervaring van boer in die Kongo.
27 Junie 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
VSA, dit wat jy sê is waar - menslik gesproke. Die Vader wat ek aanbid kan die hele ANC met een vingerklap wegvee. Ek is ook bereid om op te offer vir my nageslag.
Dit vermaak my altyd dat daar gepraat word van hardloop, maar as die boere erens in die vreemde hulleself gevestig het en meer suksesvol is, dan word daar weer ander deuntjies gesing...ook maar ironies partykeer. Saaiboer, as jy dink Malema of die volgende 10 na hom gaan hardloop, maak jy 'n groot fout. As mens na Geskiedenis gaan kyk, sal jy sien dat vir elke suksesvolle nageslag was daar 'n geslag wat moes opoffer erens om dit te kan maak....
Die wat wou hardloop het klaar gehardloop, die res sit en wag vir Mal-ema. Dalk word hy die volgende een wat hardloop.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)